24 Junie 07:24
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 40km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 79%

Donderdag

14°C / 9°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Algemeen
PG du Plessis sterf
PG du Plessis

Die Hertzog-bekroonde dramaturg, skrywer en akademikus PG du Plessis is Woensdagmiddag omstreeks 14:30 in die MooiMed-hospitaal in Potchefstroom dood. Hy was 82 en sou op 14 Julie verjaar het. Prof. Marita Carnelley, sy dogter, het sy dood bevestig.

Prostaatkanker is in 2010 by hom gediagnoseer.

Du Plessis het in 1972 die Hertzogprys ontvang vir sy dramas Siener in die suburbs en Die nag van legio. Van sy ander dramas is Plaston: DNS-kind en ’n Seder val in Waterkloof.

Hy het in die hart van televisiekykers gekruip met die TV-reeks Koöperasiestories, wat gemaak is van sy sketse wat aanvanklik in Die Transvaler verskyn het.

Die verhoogweergawe van Koöperasiestories was vanjaar een van die gewildste produksies op die KKNK. Dié stuk se speelvak op die komende Vrystaat Kunstefees is ook reeds byna uitverkoop. Die nag van legio word ook vanjaar by dié fees opgevoer.

Nog ’n televisiereeks wat baie gewild was, is Fees van die ongenooides. As roman is dit in 2009 met die ATKV-prosaprys bekroon en in 2012 het dit die Helgaard Steyn-prys ontvang vir die beste boek in enige genre wat in die vorige jaar in Afrikaans gepubliseer is.

Hy het ook draaiboeke geskryf vir verskeie rolprente, onder meer Nag van die 19de. Onder sy ongepubliseerde dramas tel Nagkantoor oor die lewe van Koos du Plessis.

Du Plessis word oorleef deur sy vrou, Marie, en kinders Marita en Frits. Geen begrafnisreëlings is nog bekend nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.