23 Augustus 14:00
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Algemeen
Pleidooi dat sekere pornografie nie gewettig word nie
Foto ter illustrasie.Foto: Nelius Rademan

Cause for Justice (CFJ) sal Vrydag in ’n memorandum wat op die parlement bedien gaan word, vra dat pornografie wat menswaardigheid skend, nie gewettig moet word nie.

Die memorandum word juis Vrydag bedien omdat dit die begin is van die ‘16 dae van aktivisme van geen geweld teen vroue en kinders’-veldtog omdat weerlose groepe teen geweld beskerm moet word.

Veral die beskerming van vroue en kinders, moet volgens CFJ hier van “kardinale belang wees”.

CFJ sê in ’n mediaverklaring van sy bestuurskomitee dat sy memorandum betrekking het tot voorstelle in die Rolprent-en-Publikasieraad se Wysigingswetsontwerp.

CFJ het vroeër skriftelike vertoë aan die portefeulje komitee van kommunikasie gerig en het ook ’n mondelingse voorlegging tydens openbare sittings wat gehou is, gemaak.

Hoewel CFJ die voorgestelde maatreëls verwelkom wat daarop gemik is om sogenaamde “wraakpornografie” , kinderpornografie,en uitbeeldings van seksuele aanranding van kinders en die verspreiding van volwasse inhoud aan kinders, te verbied, is daar ’n paar goed waaroor hulle bekommerd is.

Die wetsontwerp poog om die wettig toelaatbare verspreiding van pornografie ook te verbreed na aanlyn verspreiding toe. In die stadium mag pornografie slegs wettig versprei word in Suid-Afrika vanuit geboue wat daarvoor gelisensieer is as “volwasse persele”.

Daar word ook met die wetsontwerp gepoog om die definisie van ontoelaatbare XX- geklassifiseerde pornografie te verander. Volgens CFJ wil die wetsontwerp steeds eksplisiete geweldadige volwasse inhoud verbied, terwyl die verspreiding van nie-gewelddadige inhoud wat menswaardigheid skend, of wat mense verneder, toelaatbaar sal wees.

Volgens CFJ is daar beskermingsmaatreëls in die wetsontwerp wat kinders aanlyn sal beskerm teen blootstelling aan die pornografiese materiaal, maar daar is niks wat volwassenes beskerm wat blootgestel word aan pornografie nie.

CFJ sê dit is “ondenkbaar dat in Suid-Afrika, met sy hoë vlakke van gesinsgeweld, en seksuele geweldsmisdade, die staat ’n beleidsbesluit kan neem om die massa-verspreiding van pornografie te wettig.”

CFJ wil hê die staat moet eers ondersoek instel oor die gevolge en skade van pornografie vir die Suid-Afrikaanse gemeenskap.

Die organisasie sê die voorgestelde wettiging van pornografie wat menswaardigheid skend en mense verneder, moet onwettig bly.

“Materiaal wat menswaardigheid skend, vernederend is van mense of skadelike gedrag bevorder, moet onwettig bly, selfs al bevat dit nie geweld of seksuele geweld nie,” sê CFJ.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.