27 Maart 00:51
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 15°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

23°C / 15°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

19°C / 15°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Algemeen
‘Prioriteite’ rede dat NDBV nie Lotto-geld kry

Die Nasionale Loterykommissie (NLK) het verlede jaar aansoeke om geldelike hulp van etlike duisend organisasies in Suid-Afrika ontvang en moes noodwendig prioritiseer.

Dit is waarom dierewelsynsorganisasies in die 2017-boekjaar nie vir finansiële bystand in aanmerking gekom het nie.

Só het Thabang Mampane, die NLK se kommissaris, in ’n verklaring gesê.

Mampane het gereageer nadat die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) Vrydag sy “skok” en teleurstelling uitgespreek het omdat dierewelsynsorganisasies vanjaar oor die hoof gesien is vir finansiële bystand.

Mapane het gesê die NDBV kry al sedert 2000 Lotto-geld.

Volgens Mapane is nieregeringsorganisasies (NRO’s) se behoefte aan finansiële ondersteuning geweldig groot. Die vraag na ondersteuning het die afgelope twee jaar met sowat R2 miljard per jaar geklim. Die aansoeke vir ondersteuning vir 2017 het byna op R40 miljard te staan gekom, het Mapane gesê.

In 2015 moes die NLK noodwendig ’n besluit neem om skenkings te maak aan ’n groter verskeidenheid organisasies om te voorsien in die “nasie se diverse behoeftes”.

Dit is waarom dierewelsynsorganisasies vanjaar oor die hoof gesien is.

“Ons vind dus die NDBV se reaksie op die verwerping van hul aansoek as kommerwekkend.”

Die NDBV het die NLK se verwerping van hul aansoek verlede week as “onverskoonbaar, kortsigtig en oningelig” bestempel.

Mapane het gesê begunstigdes word jaarliks aangeraai om ander bronne van inkomste te ontgin en nie bloot staat te maak op Lotto-geld nie. Niemand is “geregtig” op finansiering deur die NLK nie, het Mapane gesê.

“Die NLK moet dit benadruk dat vanjaar se begunstigdes gestremdes, weeskinders, vroue en bejaardes is, asook mense wat MIV-positief is of aan drank of dwelms verslaaf is. Die Lotto-geld moet vanjaar gebruik word deur NRO’s wat help om werk te skep, soos diegene wat naaldwerkklasse aanbied,” het Mapane gesê.

Alle aansoeke moes gerig wees op die regering se Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP).

Die NDBV het gesê die hulp wat hulle aan diere verskaf, kan nie apart gesien word van hulp wat aan verarmde gemeenskappe gegee word nie. Die diere wat versorg en ingeënt word met bystand van die NDBV, behoort aan verarmde Suid-Afrikaners, het Marcelle Meredith Vrydag gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.