27 April 09:06
Kaapstad Verander Area

Donderdag

20°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 39%

Sondag

20°C / 17°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

21°C / 15°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Algemeen
PW Botha se haarkapper sterf
Die haarkapper Louis Botha in 2015 voor sy haarkappery in Meadestraat, George. Hy staan by sy 1973-Opel Manta. Foto: Pauline Lourens | George Herald

“My broer het altyd gesê my pa is die enigste mens vir wie PW Botha sy hoed moes afhaal.”

So vertel Mariana Barnard, dogter van die haarkapper Louis Botha (74), wat langer as 56 jaar die hare van die inwoners van George, onder wie die voormalige president van Suid-Afrika, gesny het.

Botha is op 17 April oorlede. Hy was die afgelope ruk nie gesond nie en het onder meer probleme met bloedtoevoer na sy bene ondervind.

Hy het jare lank sy haarkappery in Meadestraat in George bedryf, waar ’n rooi-en-wit windmeule gepryk het. Sy groen 1973-Opel Manta was altyd voor die deur geparkeer. Hy het ander motors gehad, maar volgens sy vrou, Elmie, het hy altyd met die Opel werk toe gery.

’n Roudiens is Vrydag in die NG kerk Denneoord gehou.

My pa is die enigste mens vir wie PW Botha sy hoed moes afhaal.

Sy vrou sê mense en selfs skoolgroepe het oor die jare heen van oral in die land gekom om hul hare by Botha te laat sny. “Mense het altyd dorp toe gekom en dan hul hare laat sny. Mense het tot van so ver as Umtata – nou Mthatha – in die Oos-Kaap gekom.”

Barnard sê oudpres. Botha het dikwels in die haarkappery gesit en wag om sy hare te laat sny.

Ook Chris Heunis, destydse lid van die Wes-Kaapse provinsiale parlement en later ’n minister in PW Botha se kabinet, het sy hare hier laat sny.

Volgens sy vrou het Botha binne ’n maand baie agteruitgegaan. Voor sy dood het hy tuis in ’n koma gegaan, waarna hy in die hospitaal opgeneem is en daar gesterf het.

Hy sou op 17 Junie sy 75ste verjaardag gevier het.

Die egpaar se seun, Theo, is drie jaar gelede aan ’n hartaanval oorlede. “Louis het dit baie sleg gevat,” sê sy.

Botha se dogter het familie, vriende en inwoners vir hul ondersteuning en belangstelling bedank.

Hy word deur sy vrou, twee dogters, ’n skoondogter en ses kleinkinders oorleef.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.