30 April 18:32
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Algemeen
Rondloperdiere veroorsaak chaos in Middelburg
Hierdie motor het met ’n bees gebots by die ingang na Middelburg. Foto: Verskaf
Varkies wei heerlik in iemand se tuin in Cradock se Cawoodstraat. Foto: Wilna de Klerk

Middelburgers in die Oos-Kaap het hul hande in die hare oor rondloperdiere wat tuine verwoes en motorongelukke veroorsaak.

Volgens Handri Vorster, DA raadslid van die Inxuba Yethemba-munisipaliteit (IYM), wat ’n ernstige versoek vir ’n skutmeester op ’n raadsvergadering ingedien het, het die gemeenskap van Middelburg self hul skut opgegradeer, maar het hulle nie ’n amptelike skutmeester om diere uit die strate en tuine te verwyder nie. Die persoon wat dit nou goedgunstiglik doen, kry glo geen betaling daarvoor nie en gebruik, sonder vergoeding, sy eie voertuig.

Dit is ook baie keer vir hom ’n probleem om alleen die diere te vang en op te laai

“Dit is ook baie keer vir hom ’n probleem om alleen die diere te vang en op te laai,” het sy gesê.

Volgens Vorster is dit beeste, varke en skape wat private tuine in die dorp verwoes en ook reeds verskeie ongelukke in die hoofstraat veroorsaak het. Weens die opgradering van die verbypad word die hoofstraat as hoofroete ingespan en is daar swaar verkeer wat nou deur die middel van die dorp vloei.

“Volgens munisipale verordening is ’n munisipaliteit verplig om ’n skut en skutmeester vir ’n dorp te voorsien,” sê Vorster. Sy het bygevoeg dat AfriForum al munisipaliteite gedagvaar het as hulle nie aan die verordening gehoor gee nie.

Thembisile Bobo, ANC hoofsweep, het Vorster verseker dat hulle net op voertuie en geskikte applikante vir die poste van skutmeester vir Middelburg wag. Hy het belowe dat Cradock, waar geen munisipale skut bestaan nie, so gou as fondse beskikbaar is, ’n skut sal kry.

Volgens Rika Featherstonehaugh, DA-raadslid vir Cradock, het die yslike probleem wat Cradock vroeër die somer met rondloperdiere ondervind het, nou bedaar. Sy skryf dit toe aan die lekker reën wat in die gebied geval het en sê die skape, beeste en selfs varke wat voorheen ’n probleem was, wei nou in die veld rondom die dorp.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.