Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Algemeen
Seuntjie (3) sterf ná jagluiperd hom aanval

’n Driejarige seuntjie wat Saterdagoggend op die tierplaas van ’n bekende natuurbewaarder en rolprentmaker deur ’n jagluiperd aangeval is, is kort ná sy aankoms by ’n Bloemfonteinse hospitaal dood.

Lorenzo Pieterse (3), seun van die plaaswerker Joe Pieterse, is vroeg Saterdagoggend op John Varty se plaas Tiger Canyons naby Philippolis deur die jagluiperd aangeval nadat die werkers glo een van die hekke oopgelos het.

Varty, wat ten tyde van die voorval nie op sy plaas was nie, sê die voorval het omstreeks 07:00 gebeur.

Volgens hom het Lorenzo naby die hok gespeel toe hy deur die jagluiperd aangeval is.

Werkers het glo die kind hoor skree en te hulp gesnel.

Hulle het verbete probeer om die jagluiperd van die kind te kry.

Ná die voorval het die jagluiperd glo doodluiters terug na sy hok gestap.

Ná die voorval het die jagluiperd glo doodluiters terug na sy hok gestap.

Lorenzo het veelvuldige beserings aan sy nek en kop opgedoen en is per lugambulans na die Mediclinic Bloemfontein gebring.

Volgens Varty het hy egter kort ná sy aankoms by die hospitaal aan sy wonde beswyk.

“Dit was ’n menslike fout deur die werkers en die kind se ouers. Die kind moes nooit sonder toesig so vroeg alleen naby een van die hokke gespeel het nie.”

Nadat Varty deur die plaasbestuurder van die voorval in kennis gestel is, het hy ’n lugambulans ontbied om die kind na die hospitaal te haas.

Brig. Sam Makhele, provinsiale polisiehoof, het die voorval bevestig.

Hy sê ’n geregtelike ondersoek is begin.

Meer oor:  John Varty  |  Sterf  |  Hospitaal  |  Aangeval  |  Jagluiperd  |  Nalatigheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.