24 Junie 07:18
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 40km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 79%

Donderdag

14°C / 9°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Algemeen
Skoolhoof se vrou verbreek stilte

“Ons was net vriende,” sê die vrou van die Paarlse skoolhoof oor die “liefdesbriewe” wat sy geskryf het aan die onderwyseres met wie haar man na bewering ’n buite-egtelike verhouding gehad het.

Eloise le Roux, vrou van Danie le Roux, skoolhoof van die Laerskool Paarl Gimnasium, het Maandagoggend vir die eerste keer haar stilte oor die aangeleentheid verbreek.

Die Le Roux’s is gereeld in die nuus sedert Sunita van Dyk (31), ’n onderwyseres van die skool, en haar man, Jacques (30), in Mei in hul huis op die plaas Oakdene by Wellington doodgebrand het.

Sunita van Dyk en Eloise le Roux. Foto: Facebook

Rapport het aanvanklik berig Danie het na bewering ’n verhouding met Sunita gehad, maar die afgelope Sondag is berig Eloise het self liefdesbriewe aan Sunita geskryf.

News24 het die briewe Maandagoggend gepubliseer.

“Sy was net ’n vriendin. Ons vriendskap was spesiaal omdat sy vir my soos ’n sussie was,” het Eloise le Roux gesê voor die private babakliniek in die Paarl waar sy saam met haar ma werk.

“Ek bid al hoe harder maar hierdie dinge raak net erger,” het sy duidelik ontsteld gesê.

Volgens haar het sy drie broers en Sunita was juis daarom spesiaal. “Sy het die rol van ’n sussie in my lewe ingeneem. Daar was ’n gaping en sy het dit gevul.”

Le Roux het gesê sy is van nature ’n opregte en vriendelike mens met baie liefde vir ander mense.

“Ek maak geen geheim daarvan om vir iemand te vertel hoe ek oor hulle voel nie.”

Ek voel sleg dat iets moois soos ons vriendskap nou so verdraai word
Eloise le Roux

Oor die bewerings dat daar ’n romantiese verhouding tussen haar en Sunita was, het sy egter beklemtoon: “Dit was net ’n vriendskap. Ek voel sleg dat iets moois soos ons vriendskap nou so verdraai word. Omdat ek ’n liefdevolle mense is, skryf ek vir almal briewe. Ek het ook briewe van Sunita.”

Eloise het ook erken sy was die oggend ná die brand by die huis. Bewerings is vroeër deur ooggetuies gemaak dat ’n vrou op die toneel was en dat items verwyder is.

“Ek was nie daar om iets te vat nie. Ek het gaan kyk. Almal was daar om te kyk. Dit is verskriklik tragies wat gebeur het en dat Sunita en Jacques dood is.

Ek was nie daar om iets te vat nie. Ek het gaan kyk. Almal was daar om te kyk

“Ek kan nie glo dat hierdie ding nou so verdraai word terwyl ons almal in rou is nie. Ek word nou betrek by iets waarvan ek nie kennis dra nie,” het sy gesê.

Oor bewerings dat talle houertjies met pille in die huis gekry is ná die brand, het Eloise bevestig dat Sunita antidepressante gebruik het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.