27 Julie 00:27
Kaapstad Verander Area

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 55%

Vrydag

20°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 23km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 64%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

21°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Dinsdag

16°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Algemeen
Só skarrel Moederstad se haweloses
Geraldine Rhode was 16 toe sy die eerste keer op straat beland het. Daarna is na ’n verbeteringskool. “Ek het gedrink, tot ’n hoë mate,” vertel sy oor haar lewe. “Ek was eers ’n day time stroller. Toe raak ek ’n permanente stroller.” Foto: Le Roux Schoeman
Frederieck Passens kry gereed vir nog ’n dag ná ’n koue nag op die sypadjie in Hoopstraat. Foto: Le Roux Schoeman

Die Kaapse koue bring veral ontbering vir die stad se meer as 5 800 haweloses.

Maar wie is dié sypaadjie-, bushalte- en onder-brugslapers? Hoe oud is hulle, watter strate of parke verkies hulle en wat doen hulle bedags?

Die Stad Kaapstad het nou begin lig werp op die skaduwêreld van die “straatmense” deur omvangryke nuwe data te publiseer oor wie waar skuiling soek.

Dis nou mense soos Andrew Michael, wat op ’n triestige Donderdagaand onder ’n klam kombers teen die skouer van ’n duikweg onder die M3 by Rondebosch inkruip. Hy slaap al ses jaar op straat, vertel dié 39-jarige, oorspronklik van Franschhoek. Hy doen “nou en dan spare joppies” vir geld. En hy “skarrel”.

Skarrel is, naas slaap, die enkele grootste aktiwiteit op haweloses se agenda, blyk dit uit die navorsing wat tussen Julie en Augustus verlede jaar gedoen is en vandeesmaand deur die stad bekend gestel is. Die term verskyn amptelik so in die navorsingsdata en daar’s meer haweloses wat skarrel as dié wat werk soek of slaap of net rondsit of ronddool.

Daar woon 5 839 mense op Kaapstad se strate en sowat 18% van hulle is vroulik

Maar wat presies behels dié term? Michael verduidelik: “Dis in dromme krap, dan kry jy dié goed,” en hy lig ’n datastokkie omhoog uit ’n plastieksak by sy koppenent.

Daar woon 5 839 mense op Kaapstad se strate en sowat 18% van hulle is vroulik. Vir dié is daar boonop die ewige vrees van seksuele geweld, vertel Geraldine Rhode Vrydagoggend vroeg by die Service Dining Rooms in Canterburystraat in die middestad.

Net die vorige aand het ’n sekerheidswag haar glo om seks gevra. Met stokstywe oë vertel sy hoe sy en Priscilla Anthony (57), wat langs haar op die sypaadjie slaap, die man gevra het om hulle met vrede te laat. “Ek is upset daaroor. Toe sê ek [vir die wag]: ‘Nee, ek is ’n groot vrou’,” sê die skraal 54-jarige wat vanaf kinderdae in Soutrivier via verbeteringskool en tronk uiteindelik op die straat beland het.

“My skarrel is karre oppas,” verduidelik sy en wys na die oopte oorkant die stadsargief waar werkendes hul motors bedags parkeer. Sy het nog nooit ’n huis besit nie en haar seun is dood op die straat. “Van die kouete,” sê Geraldine. “ ’n Mens moet soos ’n man optree, anders word jy doodgemaak,” vertel sy oor die straatlewe en vat-vat tussendeur ons gesprek aan haar nat kouse en tekkies. “Voel hier hoe nat is dit, voel net hier.”

Die middestad, by name Strandstraat en die Kompanjiestuin langs die parlement, is vir die meeste haweloses “huis”, maar die opname kyk so ver as Atlantis, Gordonsbaai en die suidelike Skiereiland. Die grootste ouderdomsgroep is tussen 26 en 35, maar daar is 108 minderjariges (onder 18) wat geen heenkome het nie, volgens die nuwe opname wat gebruik sal word as grondslag vir “ingrypings”, aldus die navorsers.

Ricky Marais is vroegdag aan die stuur van sake by die Service Dining Rooms en beskryf wat hy as haweloses se grootste probleem beskou: Hulle word geïgnoreer. En die nommereen-behoefte vir elke mens is om aanvaar te word. En die nommereen-vrees in die wêreld is verwerping. En straatmense ly aan beide.” Daar is ’n opvallende lae werksoekkoers onder vroulike respondente (3%) vergeleke met manlike haweloses (19%).

Sypaadjies is verreweg die mees algemene slaapplek, met net sowat 10% van haweloses wat, soos Michael in Rondebosch, onder brûe skuiling vind. Parke, parkeerterreine en bosse dien daarna almal as noodherberg, volgens respondente, met slegs drie wat kans gesien het om by ’n poskantoor te slaap.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.