18 Augustus 22:11
Kaapstad Verander Area

Saterdag

20°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 31km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

14°C / 11°C

Wind 37km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 64%

Woensdag

13°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 79%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Algemeen
‘Spiderman’ spring 3 verdiepings ver – en leef
Die agt weke oue Siamese katjie Spiderman.
Die gebou in Mosselbaai waar die katjie van die boonste deel tot onder op die grond gespring het. Foto: Regardt Spangenberg
Regardt Spangenberg wys hier vanwaar presies die katjie gespring en waar hy geland het. Foto: Regardt Spangenberg

Spiderman, ’n agt weke oue Siamese mannetjieskatjie van Mosselbaai, het net agt van sy nege lewens oor nadat hy ’n sprong van drie verdiepings ver oorleef het.

Die katjie is verlede Woensdag opgemerk waar hy verlore en verskrik in die parkeerterrein van ’n hoë winkelsentrum in Mosselbaai rondgehardloop het. Die parkeerterrein is op die boonste verdieping van die gebou geleë.

Regardt Spangenberg, eienaar van die CrossFit-onderneming in die sentrum, het hom oor die katjie ontferm.

“Ons het probeer om die katjie te vang sodat ons hom na ’n plek van veiligheid kon neem,” sê Spangenberg.

“Die katjie het egter al nader aan die rand van die parkeerterrein beweeg. Ek was bang hy gaan oor die rand spring – en dit is toe presies wat gebeur het.”

Spangenberg het die ergste gevrees, maar by nadere ondersoek het hy die katjie onder op die grond gevind, oënskynlik ongedeerd. Hy het die katjie dadelik na die Tuinroete-dierebeskermingsvereniging (DBV) se tak in Mosselbaai geneem waar hy in die kliniek ondersoek is. Behalwe dat sy bekkie effens gebloei het, was die katjie andersins perdfris.

Die katjie is intussen Spiderman gedoop.

Naomi Grobbelaar van die DBV sê dit is uit en uit ’n wonderwerk. Die gebou waar die agt weke oue katjie afgespring het, is baie hoog.

“Dit is ongelooflik, die katjie makeer niks nie. Hy het nie eens regop nie, maar skuins geval en net sy bekkie het effens gebloei. Hy het nou wel net agt lewens oor, maar hy bly ons Spiderman,” sê sy.

Die katjie, ook genoem “Supermannetjie” op die DBV se Facebookblad, het reeds diep in almal se harte gekruip. Hy is nou op soek na ’n nuwe tuiste en kan aangeneem word.

Grobbelaar het Spangenberg bedank dat hy die katjie gehelp en na die DBV gebring het. Mense wat die katjie ’n tweede kans kan gee, kan die DBV in Mosselbaai by 044 693 0824 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.