28 Junie 19:37
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Vrydag

14°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

15°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Maandag

16°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Dinsdag

15°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Algemeen
‘Oorlog gevoer’ op die Randse Skou

As die Johannesburgse stadsprofiel nie in die agtergrond was op die Randse Skou nie, sou ’n besoeker Vrydag gemeen het hy is op ’n oorlogstoneel.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se demonstrasie van oorlogvoering was kompleet met helikopters, vegvliegtuie, gepantserde voertuie en klappers.

Die sowat 1 000 toeskouers het hul ore toegehou voordat die vertoning begin het.

Kort daarna het die een ná die ander klapper ontplof terwyl Mamba- en Ratel-troepedraers die soldate afgelaai het.

Die toeskouers se sonhoede het weggewaai toe die Oryx-mediumvraghelikopter bo-oor hul koppe gevlieg het om ’n ligte Gecko-voertuig vir die troepe af te laai.

“Wat is die goue stukke wat uit die gewere kom?” het een seun sy pa gevra toe die troepe “op mekaar skiet”.

’n Groep toeskouers hou hul ore toe vir die knalgeluide van die klappers. Foto: Lisa Hnatowicz
Die troepe “voer oorlog” teen die vyand.Foto: Lisa Hnatowicz
’n Wit Oryx-mediumvraghelikopter.Foto: Lisa Hnatowicz
“Wat is die goue stukke wat uit die gewere kom?” het een seun sy pa gevra toe die troepe op mekaar losgebrand het. “Dit is koeëldoppies,” het sy pa geantwoord. Foto: Lisa Hnatowicz

“Dit is koeëldoppies,” het sy pa geantwoord.

Die “oorlog” het in ’n stadium taai geraak en die aarde het geskud toe die ontploffings toeneem.

Twee helikoptervlieëniers is kamma deur die vyand geskiet en twee Hawks-vegvliegtuie moes die gebied beveilig terwyl ’n Oryx die “beseerdes” ophys.

Een van die twee Hawks-vegvliegtuie wat die gebied glo moes beveilig. Foto: Lisa Hnatowicz

Baie jong kinders het begin huil toe die weermag “oorlog voer”, maar dié ouer as vyf jaar en hul ouers het die demonstrasie geniet.

Victor da Silva sê sy seun, Gabriel (3), was verwonder deur die hele vertoning.

“Hy was glad nie bang nie,” sê Da Silva.

Hoewel Mbali Caluza (3) nie baie van die demonstrasie gehou het nie, het haar boetie, Ntsika (6), gesê hý was nie bang nie.

“Ek het die meeste van die gewere en die bomme gehou,” sê Ntsika.

Wie sê jy moet sleg lyk as jy oorlog voer? ’n Soldaat se naellak is dieselfde kleur as die rooi rook wat die landingsgebied merk.Foto: Lisa Hnatowicz

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.