18 Augustus 22:13
Kaapstad Verander Area

Saterdag

20°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 31km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

14°C / 11°C

Wind 37km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 64%

Woensdag

13°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 79%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Algemeen
14 dood in busongeluk in KZN
Die bus waarin 14 mense Saterdagoggend dood is tydens ‘n gru-ongeluk in KwaZulu-Natal. Foto: Twitter

Veertien mense is Saterdagoggend in ’n gru-busongeluk in KwaZulu-Natal dood.

Nóg 13 insittendes van die bus is ernstig beseer.

Robert McKenzie, woordvoerder van die departement van gesondheid in KwaZulu-Natal, sê sewe van die 13 beseerdes is in ’n bedenklike toestand na hospitale in die gebied geneem.

Die ander ses het almal ernstige beserings opgedoen en is eers op die ongelukstoneel gestabiliseer voordat hulle na verskillende hospitale vervoer is.

Volgens hom het die bus, waarin 27 passasiers was, Saterdagoggend vanaf die dorpie Bergville vertrek. Dit is nog onduidelik waarheen die bus op pad was.

Die ongeluk het omstreeks 11:00 naby Untunjambili in die Ilembe-distrik gebeur.

McKenzie sê toe die nooddienste op die ongelukstoneel opgedaag het, het die bus op sy een kant gelê.

Twaalf van die passasiers was reeds dood.

Die verkeersowerheid in KwaZulu-Natal sal ’n ondersoek doen na die oorsaak van die ongeluk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.