21 Augustus 04:38
Kaapstad Verander Area

Maandag

16°C / 13°C

Wind 28km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 79%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 64%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 75%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 64%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Algemeen
Van Graskop tot Mbombela juig oor Ex-Dineo se reën
'n Vrou hou haar hoed vas teen 'n rukwind in die strate van Pretoria. Daar is vroeër berig dat Gauteng ook die nagevolge van die tropiese laedrukstelsel Ex-Dineodie gaan ervaar. Foto: Deaan Vivier

Van Graskop tot in Mbombela (Nelspruit) het die tropiese laedrukstelsel Ex-Dineo baie reën die afgelope 24 uur in Mpumalanga meegebring.

“Ek het vir my vrou gesê ek dink nie daar is ’n groot genoeg meter om die reën te meet nie,” sê Roeloff van Vuuren van die gastehuis Le Gallery in Graskop, waar dit volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens die afgelope 24 uur 166 mm gereën het.

“Dit het gisteraand van 21:00 af só hard gereën dat ons nie eintlik goed geslaap het nie. Soos ek nou hier uitkyk, stroom die water verby op pad na die Sabierivier toe.”

Die reën is net wat die rivier nodig het, sê Andrew Kanaris, van die onderneming Big Sky Outdoor & Flyfishing in Sabie. “Die afgelope drie, vier jaar het die rivier nie na wense gevloei nie. Dis die natuur se manier om die rivier behoorlik uit te spoel.”

Boere in die laeveld het die reën verwelkom. Moorees du Toit, visepresident: Laeveld van Agri Mpumalanga, sê sover sy kennis strek was daar nie stormskade nie.

Dit is deurdringende reën wat goed is vir die damme voordat die droë seisoen in April aanbreek
Moorees du Toit, Agri Mpumalanga

“Dit is deurdringende reën wat goed is vir die damme voordat die droë seisoen in April aanbreek.”

Barend Janse van Rensburg wat op die plaas Rensberg naby Mara met macadamianeute, tabak en beeste boer, het die afgelope week tussen 100 mm en 120 mm reën gemeet. “Dit is baie welkom want die neute bereik nou volwassenheid en dit beteken ons hoef nie nou te besproei nie. Verlede jaar dié tyd was ons besorg oor weiding, nou is die grond deurnat.”

Ander reënvalsyfers wat Victoria Nurse van die weerdiens deurgegee het is:

Blyderivierpoort: 97 mm

Nelspruit: 40 mm

Skukuza: 26 mm

Belfast: 8 mm

Mpumalanga-rampbestuur sê geen reën- of windskade is tot dusver aangemeld nie. ’n Vloedwaarskuwing geld egter steeds.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.