30 April 18:33
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Algemeen
Vermiste vrou van Vuwani steeds soek

Die soektog na ’n vermiste vrou van Vuwani in Limpopo wat al ses dae gelede verdwyn het duur voort.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die gemeenskap help die polisie in die soektog.

Ndivhuwo Mukwevho (30), wat in Dzwerani in die Hamadala-nedersetting bly, is Maandag laas gesien.

Ngoepe sê haar familie het eers Dinsdag omstreeks 05:30 gesien dat sy nie in haar kamer is nie.

Hulle het begin rondvra of iemand haar gesien het, maar toe hulle geen inligting kry nie, het hulle die polisie ontbied.

Ngoepe sê die polisie waardeer die samewerking van die gemeenskap.

Enigiemand met inligting kan konst. Mbavhalelo Sikhwari by 079 312 4115 of 084 772 4961 bel.

  • Intussen het inwoners van Vuwani verlede week ooreengekom om die wegblyaksie waarmee hulle onlangs weer begin het weens ontevredenheid oor munisipale grense, vir die Paasfees op te skort. Winkels se deure word gedurende die wegblyaksie gesluit en geen openbare vervoer word toegelaat nie.

Die Pro Makhado-groep wat eis dat Vuwani onder die Makhado-munisipaliteit in Louis Trichardt moet bly, sê die wegblyaksie sal Dinsdag hervat word.

Die uitgestrekte gebied, sowat 170 km noordoos van Polokwane, maak sedert verlede jaar, toe woedende inwoners meer as 20 skole afgebrand het, opslae.

Die skole is afgebrand nadat die Pro-Makhado-groep ’n hofstryd teen die munisipale afbakeningsraad (MAR) verloor het. Die MAR het beslis dat Vuwani in ’n nuwe munisipaliteit saam met Malamulele moet wees.

Inwoners is sowat twee weke gelede weer teleurgestel toe die MAR, ná onderhandelings met Limpopo se provinsiale regering, finaal besluit het dat Vuwani en Malamulele saam onder die LIM345-munisipaliteit moet val.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.