Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Algemeen
Vriendelike krimpvarkie steel harte
Waldo, die krimpvarkie. Foto: Facebook

Die krimpvarkie Waldo is waarskynlik Brittanje se vriendelikste krimpvarkie.

Hy glimlag graag vir die kamera en dié sosiale outjie is gek daarna om op Vrydagaande in die plaaslike kuierplek uit te hang.

Sy eienaar, Niki Brown (32), is verlief op haar klein troeteldier en sê hy het ’n gedaanteverwisseling ondergaan vandat sy hom 11 maande gelede by ’n reddingsentrum aangeneem het.

Hy is so gelukkig en vriendelik, het Brown aan The Daily Mail gesê.

“Hy begin glimlag wanneer hy kos kry. Ek het nog nooit gesien dat iemand so bly is om kos te kry nie!”

Brown neem hom na die kuierplek in ’n spesiale dramandjie met ’n kombersie sodat hy kan slaap as hy sy gunstelingkos, naamlik suikermielies, geëet het.

Hy kom nie net goed met mense oor die weg nie, maar ook met honde. Waldo speel lekker saam met Brown se ma se honde.

Brown en haar lewensmaat, Jack Dicken (26) het vir Waldo van die National Exotic Hedgehog Centre aangeneem en sê hulle was nog nie een dag spyt nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.