Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Algemeen
Wedstryd in Duitsland afgestel oor 'bom-gevaar'
’n Polisievoertuig staan Dinsdag voor die HDI-arena in Hannover, Duitsland, waar Duitsland en Holland ’n vriendskaplike wedstryd sou speel. Foto: Julian Stratenschulte, AP

Die vriendskaplike sokkerwedstryd tussen Duitsland en Holland wat Dinsdagaand in Hannover sou plaasvind, is afgestel weens 'n moontlike aanval. 

Die polisiehoof van Hannover in die noorde van Duitsland het gesê hulle het "konkrete inligting" ontvang oor 'n bomdreigement.

’n Verlate tas is vroeër gevind, waarna die polisie die stad se stadion deursoek het. Die hekke is weer oopgemaak, maar voordat die wedstryd begin het, is die stadion ontruim en die wedstryd afgestel.

Volgens die koerant Bild is treinstasies in die stad gesluit en 'n popkonsert in die arena langsaan is ook gekanselleer.

Angela Merkel, die Duitse Bondskanselier, sou dit ook bygewoon het.

Geen verdere inligting is nog bekend nie.

Die Parys-aanvallers het Vrydagaand toegeslaan op die Stade de France, waar Frankryk teen Duitsland gespeel het.

– Bild, AP en Express

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.