23 April 21:34
Kaapstad Verander Area

Maandag

24°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Dinsdag

24°C / 14°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 50%

Woensdag

20°C / 17°C

Wind 20km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 77%

Donderdag

20°C / 16°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Vrydag

21°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Saterdag

24°C / 17°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Algemeen
Wêreld se oudste vrou sterf in Italië
Emma Morano: Foto: Olivier Morin/AFP

Die wêreld se oudste vrou en laaste mens wat in die 19de eeu geleef het, is Saterdag in Italië dood.

Emma Morano (117) is Saterdag in haar huis in die dorpie, Verbania, in die noorde van Italië dood, het die land se media berig.

Sy is op 29 November 1899 gebore.

“Morano het ’n buitengewone lewe gehad en ons sal altyd haar krag onthou waarmee sy altyd net vorentoe in die lewe beweeg het, het die burgemeester van Verbania gesê.

Morano se dood beteken dat daar nou, volgens beskikbare inligting, geen oorlewendes van die 19de eeu is nie.

Ná Morano se dood is Violet Brown van Jamaika nou amptelik die oudste mens ter wêreld. Sy is op 10 Maart 1900 gebore.

Morano se eerste liefde is in die Eerste Wêreldoorlog dood. Sy is later getroud, maar het haar gewelddadige man voor die aanbreek van die Tweede Wêreldoorlog verlaat. Haar enigste seun is doodgebore.

Sy het nie haar klein tweeslaapkamerwoonstel die afgelope 20 jaar verlaat nie. Morano was die afgelope paar jaar bedlêend.

Die nuusagentskap AFP het verlede jaar berig dat Morano gesê het sy eet slegs twee eiers ’n dag. “En koekies. Maar ek eet nie baie nie, want ek het nie meer tande nie.”

Haar dieet het die mediese wetenskap verstom.

Morano het ’n sertifikaat van Guinness World Records gehad wat bewys het dat sy die oudste mens in die wêreld was.

Sy was boonop die oudste van agt kinders en het al haar sibbe oorleef. – News24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.