26 April 07:54
Kaapstad Verander Area

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

19°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 79%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Saterdag

26°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Sondag

21°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Algemeen
Zuma wou Ontlametse met nuwe motor verras

Hy wou haar verlede week op sy 75ste verjaardag met ’n splinternuwe motor verras, maar dit was te laat, want sy het die vorige dag gesterf.

Só het pres. Jacob Zuma Vrydag in Hebron in Ga-Rankuwa naby Pretoria, op die begrafnisdiens van Ontlametse Phalatse gesê wat verlede week kort ná haar 18de verjaardag aan progerie (vroegbejaardheid) oorlede is.

Kort voor haar verjaardag verlede maand het sy Zuma by Mahlamba Ndlopfu, die presidentswoning in Bryntirion, Pretoria, besoek.

Zuma het sy hart vir haar oopgemaak en haar met onder meer ’n verjaardagkoek en blomme verras.

Sy was sover bekend die eerste swart kind in die wêreld wat met dié siekte gediagnoseer is.

Pres. Jacob Zuma praat Vrydag op die begrafnisdiens van die 18-jarige progerie-lyer Ontlametse Phalatse in Hebron naby Pretoria. Foto: GCIS

Dit is dieselfde siekte wat wyle Fransie ­Geringer, wat in die 1980’s bekend was, gehad het.

Die dokters het aanvanklik gesê Ontlametse sou nie ouer as 14 jaar word nie.

Met haar ontmoeting met Zuma het dié jong vrou met die sonnige geaardheid, fyn stemmetjie en aansteeklike lag onder meer aan die president gesê sy en haar gesin sukkel met vervoer en huisvesting.

Zuma het onderneem die Jacob Zuma-stigting sou help.

Op die begrafnisdiens Vrydag het Zuma gesê die motor is reeds gekoop. Die motor is Woensdag aan haar gesin oorhandig.

Zuma het ook gesê hy het ná die ontmoeting met Ontlametse opdrag gegee dat sy en haar familie teen Junie in ’n nuwe huis moet intrek.

Ontlametse Phalatse toe sy pres. Jacob Zuma onlangs by Mahlamba Ndlopfu, sy presidensiële woning, besoek het. Foto: Sarel van der Walt
Ontlametse Phalatse tydens haar ontmoeting met pres. Jacob Zuma. Foto: Sarel van der Walt

Ontlametse is na Zuma se verjaardagvieringe verlede Woensdag in Soweto genooi, maar sy is die vorige dag aan longversaking dood.

Groot getalle mense het Vrydag die begrafnisdiens bygewoon wat omstreeks 06:00 by Ontlametse se huis in Hebron begin het.

Behalwe vir Zuma was Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, en Hendrietta Bogopane-Zulu, adjunkminister van maatskaplike ontwikkeling, ook by die diens, berig News24.

“Ons is vandag hier om tot siens te sê aan dié wonderlike vrou,” het Zuma op die begrafnisdiens gesê.

“Ek het gehoop dat ek haar vir ’n langer tyd as ’n vriendin kon gehad het.”

Ontlametse se kis het voor hom in die markiestent gestaan.

Zuma het vertel toe hy haar vroeër op televisie gesien het en gehoor het van haar seldsame siekte, het hy nie geweet hy sou haar eendag self ontmoet nie.

Hy het gehoop dokters sou betyds ’n kuur vir die siekte vind.

Die president sê toe hy hoor dit is haar wens om hom te ontmoet, het hy dadelik daartoe ingestem.

“Ek het daarna uitgesien om haar te ontmoet. In my kop het ek my eie prentjie van haar gehad.

Ek het gehoop dat ek haar vir ’n langer tyd as ’n vriendin kon gehad het
Pres. Jacob Zuma

“Daardie prentjie het dadelik verander toe sy ingestap kom. Sy het trots gestap, my hand geskud en my ’n drukkie gegee,” het Zuma gesê.

Hy het haar familie bedank dat hy die begrafnis kon bywoon en ook Ontlametse se bure en die gemeenskap van Hebron geloof omdat hulle haar met “ware buurmanskap” ondersteun het.

Sy was in haar gemeenskap as die “klein reus” bekend.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.