26 April 13:44
Kaapstad Verander Area

Woensdag

20°C / 16°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Saterdag

27°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 41%

Sondag

20°C / 17°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Nuus
Gesoek: ’n Speelmaatjie vir Gertjie
Die renosterwesie Gertjie hou daarvan om met ’n sokkerbal by die Hoedspruit-bedreigdespesie-eenheid in Limpopo te speel. Foto: HOEDSPRUIT-BEDREIGDESPESIE-EENHEID

Gesoek: ’n Maatjie vir Gertjie die renosterwesie wie se ma deur stropers vir haar horings doodgemaak is.

Gertjie, of “Little G” soos die personeel by die Hoedspruit-bedreigdespesie-eenheid hom noem, is in Mei gered nadat sy ma op ’n nabygeleë plaas afgemaai is. Hy wou nie van sy ma se karkas weggaan nie. “Dit het geklink of hy huil,” het iemand wat op hom afgekom het, gesê.

Die renosterwesie se hartseer verhaal is al op Good Morning America op die ABC-TV-kanaal uitgesaai en verskeie Britse koerante en selfs die vermaakkanaal E-Online het al oor hom berig.

Gertjie is Saterdag vyf maande oud en weeg al ’n allemintige 200 kg.

Karien Smit, assistent-kurator van die Hoedspruit-bedreigdespesie-eenheid, het gesê ’n mak skaap het Gertjie aanvanklik geselskap gehou, maar hy het nie baie van die skaap gehou nie. Gertjie hou meer van mensgeselskap. Personeellede van die sentrum moes kort ná sy aankoms by hom slaap.

Volgens Smit was Gertjie baie getraumatiseer toe hy by die sentrum aangekom het.

“Dit gaan nou baie beter met hom en daar is geen tekens van angs oor nie.”

Weldoeners het onlangs ’n mak skaaplam, Driesie, geskenk om Gertjie se maatjie te wees. “Die lammetjie was ongelukkig siek en hy is dood.”

Gertjie slaap nou al alleen in sy boma. “Dit lyk of hy dit verkies om alleen te slaap, maar bedags is daar pal iemand by hom.”

Hy gaan elke dag saam met werkers van die sentrum op staptogte in die veld en geniet dit om in die modder rond te rol. Gertjie hou ook daarvan om met ’n sokkerbal te speel. Hy stamp die bal met sy kop en lyk soos ’n wafferse sokkerspeler as hy met sy voorpote die bal skop.

Hy kry elke dag 25 liter van ’n spesiale laevet-melkformule wat alle nodige vitamine bevat wat hy nodig het.

“Dit sal wonderlik wees as iemand ’n beeskalf het wat dalk vir Gertjie ’n speelmaat kan wees,” het Smit gesê.

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.