23 Augustus 14:00
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Gesondheid
Genadedood: ‘Siekte skend nie waardigheid’

’n Hofuitspraak verlede jaar het vrywillige genadedood gewettig, maar net vir dié wat ad hoc-aansoeke by die hof kan indien.

Dit gee nóg voorstanders nóg teenstanders daarvan regsekerheid, voer Cause for Justice (CFJ) aan in die aansoek wat hy gister ingedien het om toegelaat te word as vriend van die hof in die appèlverhoor.

Die minister van justisie, van korrektiewe dienste en van gesondheid, asook die nasionale vervolgingsgesag (NVG) en die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) appelleer teen regter Hans Fabricius se uitspraak verlede jaar in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria.

Fabricius het beslis dat adv. Robin Stransham-Ford (65), ’n kankerlyer, ’n dokter kon vra om sy lewe met ’n dodelike middel te beëindig.

Stransham-Ford is dood sowat twee uur voordat die hofbevel op 4 Mei uitgereik is.

Die appèlhof sal moet beslis of die Grondwet voorsiening maak vir die reg om met die hulp van ’n derde party (in dié geval ’n dokter) te sterf.

“Volgens ons gee die Grondwet niemand die reg om te sterf nie en beslis nie met die hulp van ’n derde party nie,” sê die CFJ in ’n verklaring.

Dié niewinsgewende menseregte-organisasie voer onder meer aan dat siekte of fisieke gestremdheid nie ’n mens se waardigheid verminder nie.

“Elke mens hoop om nie te ly as deel van die lewenservaring nie, maar lyding is dikwels ’n inherente deel van die lewe.

“Die staat moet ’n lewe met waardigheid verseker eerder as dood om waardigheid te behou,” sê die CFJ. – Rochélle Human

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.