27 Julie 00:39
Kaapstad Verander Area

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 55%

Vrydag

20°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 23km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 64%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

21°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Dinsdag

16°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Gesondheid
Hartlyertjie (11) van George sterf in teater

Huldeblyke stroom nadat ’n 11-jarige hartlyer van George in die teater van die Rooi Kruis-kinderhospitaal in Kaapstad dood is.

Simoné Combrink is Dinsdagaand omstreeks 19:00 tydens ’n operasie in dié hospitaal dood.

Haar ma, Bertien Joubert, sê Simoné, of Sussie soos sy haar genoem het, was ’n spesiale kind.

Sussie se hart het nie reg ontwikkel nie en dokters het gesê sy sou nie ouer as ses maande word nie. Sy is toe langer vir ons geleen
Bertien Joubert, ma

“Sussie se hart het nie reg ontwikkel nie en dokters het gesê sy sou nie ouer as ses maande word nie. Sy is toe langer vir ons geleen as wat die dokters voorspel het.”

Volgens Bertien het Simoné op drie maande haar eerste hartoperasie gehad en is in 2014 weer geopereer. Die operasie Dinsdag was haar derde.

Sy was ’n leerling aan die Laerskool Van der Hoven in Sinksabrug, ’n landelike gebied tussen George en Groot-Brakrivier.

Simoné Combrink Foto: Verskaf

Volgens haar ma was Simoné baie geliefd onder oud en jonk, veral onder inwoners van die nabygeleë plaasgebied Jonkersberg.

“Sy was ’n baie goeie kind. Vol liefde,” sê sy. “Jonkersberg se mense bel my aanmekaar. Hulle was baie lief vir haar en sê sy was ’n lig in hul lewe.”

Volgens Joubert word 'n lyksouing nog gedoen en sal begrafnisreëlings eers later gefinaliseer word.

Intussen stroom huldeblyke vir Simoné en boodskappe van bemoediging aan haar familie in op die Facebookblad van die groep Georgiete Staan Saam.

Annelise Oosthuizen skryf: “God het Sy ‘Engelkind’ Simoné Combrink kom haal, vir nog groter dinge.”

Willine Barkhuizen skryf: “Dit voel so onwerklik, ons hier op Jonkersberg is baie hartseer.”

Zelda Van Wyk skryf: “Baie sterkte aan die familie. Sy was so ’n mooi blom. God sal vertroosting gee vir julle as familie en waar sy nou by Hom is, is sy baie gelukkig.”

Maureen Gertse skryf: “ ‘RIP’ Simoné van al die inwoners van Jonkersberg. Sy was ’n sonstraaltjie.”

Luzanne Kleyn skryf: “Ek kan nie met woorde troos nie, maar weet net Jesus is by julle en maak jul heel.”

Simoné word ook oorleef deur ’n 19-jarige broer, Ian.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.