23 Junie 19:26
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 9°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

18°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 36km/h

Reënval 12mm

Humiditeit 78%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 7km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 63%

Gesondheid
Oorwinning vir Tim Noakes
Tim Noakes Foto: Verskaf

Die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) het prof. Tim Noakes onskuldig bevind aan onprofessionele optrede.

Noakes, wie se boek The Real Meal Revolution ’n lae koolhidrate en hoë vet (LCHF) dieet ondersteun, is voor die RGBSA geroep nadat ’n klag teen hom gelê is deur Claire Julsing-Strydom, die voormalige hoof van die Vereniging vir Dieetkunde in Suid-Afrika.

Die klag is aangespoor deur ’n twiet wat Noakes aan Pippa Leenstra gestuur het, nadat sy vir advies gevra het oor voeding vir babas en borsvoeding.

In haar twiet het sy Noakes gevra of die dieet gepas is vir ma’s wat borsvoed. Sy was bekommerd dat babas winderig kan word as die ma baie suiwelprodukte en blomkool eet.

Noakes het haar aangeraai om die kind te voed en gewoond te maak aan LCHF-kosse, wat hy as “regte” kos beskryf het.

Noakes is deur meerderheid (4 van 5) van paneel wat sy saak ondersoek het onskuldig bevind.

Die RGBSA sê Noakes het nie in sy kapasiteit as dokter opgetree nie en dus kan sy skrywe nie as professionele raad beskou word nie.

Hulle meen ook sy raad was nie lewensgevaarlik nie.

Hierdie is ‘n brekende nuus storie. Hou Netwerk24 dop vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.