26 Julie 16:48
Kaapstad Verander Area

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 16km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 57%

Vrydag

20°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 25km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 67%

Sondag

19°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

21°C / 13°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Dinsdag

16°C / 14°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Gesondheid
Raad beslis gou oor Tim Noakes
Tim NoakesFoto: Loanna Hoffmann

Die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) sal na verwagting Vrydag ’n beslissing maak in die verhoor van prof. Tim Noakes.

Noakes, wie se boek The Real Meal Revolution ’n lae koolhidrate en hoë vet (LCHF) dieet ondersteun, is voor die RGBSA geroep nadat ’n klag teen hom gelê is deur Claire Julsing-Strydom, die voormalige hoof van die Vereniging vir Dieetkunde in Suid-Afrika.

Die klag is aangespoor deur ’n twiet wat Noakes aan Pippa Leenstra gestuur het, nadat sy vir advies gevra het oor voeding vir babas en borsvoeding.

In haar twiet het sy Noakes gevra of die dieet gepas is vir ma’s wat borsvoed. Sy was bekommerd dat babas winderig kan word as die ma baie suiwelprodukte en blomkool eet.

Noakes het haar aangeraai om die kind te voed en gewoond te maak aan LCHF-kosse, wat hy as “regte” kos beskryf het.

“Baba eet nie die suiwel en blomkool nie. Net baie gesonde hoë-vet borsmelk,” lui sy twiet.

Die RGBSA het in Oktober verkeerdelik ’n verklaring uitgereik waarin hy sê Noakes is skuldig bevind aan onprofessionele optrede. Die verklaring is vinnig teruggetrek en die raad het om verskoning gevra.

Michael van der Nest, Noakes se prokureur, het aangevoer dat in die huidige saak daar geen bewyse is om te wys dat enige persoon benadeel is nie. Noakes het geen dokter/pasiënt verhouding met Leenstra nie en het haar nie mediese advies gegee nie. - News24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.