22 Augustus 09:17
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 62%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 2mm

Humiditeit 78%

Donderdag

15°C / 12°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 58%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Gesondheid
Tim Noakes verwelkom uitspraak

Prof. Tim Noakes, wat Vrydag deur ’n onafhanklike paneel van die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) onskuldig bevind is op aanklagte van wangedrag, het die uitspraak verwelkom.

Hy het sy vrou, Marilyn, in ’n verklaring bedank vir haar “vreeslose ondersteuning,” en gesê hy sou nooit die afgelope vyf jaar se herhaalde openbare veroordeling deur kollegas wat van beter moes geweet het, sonder haar kon trotseer nie.

Adv. Joan Adams, voorsitter van die raad, het kort ná 12:00 haar uitspraak gelewer. Die meerderheid van die paneel (vier uit vyf lede) het bevind dat die klaer, die RGBSA, nie bo redelike twyfel bewys het dat Noakes hom skuldig gemaak het aan wangedrag nie.

Claire Julsing-Strydom, voormalige president van die Vereniging vir Dieetkunde in Suid-Afrika, het ’n klag in 2014 teen Noakes ingedien oor ’n twiet en sê Noakes het mediese raad via Twitter gegee.

Pippa Leenstra het in 2014 vir Noakes op Twitter raad oor borsvoeding en sy dieet gevra.

Haar twiet het soos volg gelui: “@ProfTimNoakes @SalCreed is LCHF eating ok for breastfeeding mums? Worried about all the dairy + cauliflower = wind for babies?? (sic)”

Prof. Tim Noakes is Vrydag onskuldig bevind aan wangedrag. Foto: Noakes Foundation

Noakes het Leenstra aangeraai om haar baba op ’n laekoolhidraat-hoëvetdieet te speen, waarna hy verwys as “regte” kos.

Sy reaksie was: “Baby doesn’t eat the dairy and cauliflower. Just very healthy high-fat breast milk. Key is to ween (sic) baby onto LCHF.”

Adams het gesê die RGBSA het nie bewys dat daar ’n dokter-en-pasiënt-verhouding was nie en ook nie dat daar enige skade aangerig is nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.