29 Junie 04:13
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Vrydag

14°C / 12°C

Wind 13km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Sondag

15°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Maandag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Dinsdag

16°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Gesondheid
Trane vloei toe seun oorprosteses kry
Tylor Baker glimlag Donderdag by die Groote Schuur-hospitaal. Hy is sonder ore gebore (sien foto agter hom) en het pas prostetiese ore ontvang danksy spesialiste en die Fuchs-stigting wat saamgewerk het. Sy ma, Dedre Doolabh, is links. Foto: Lulama Zenzile

Niemand sal Tylor Baker (15) ooit weer spot of verneder omdat hy nie ore het nie, want ’n span spesialiste en weldoeners het ’n “wonderwerk laat gebeur”.

Die trane het Donderdag by die Groote Schuur-hospitaal geloop toe Tylor, van die Strand, wat doof en sonder ore gebore is, vertel hoe dit voel om nou spesiaal gemaakte silikoonprosteses te dra.

Hy is een van drie uit elke 10 000 kinders wat sonder ore gebore word en sy ma, Dedre Doolabh, vertel hoe genadeloos haar seun gespot is.

Dr. Estie Meyer, ’n oor-neus-en-keelspesialis by die Groote Schuur-hospitaal, sê Tyler het haar gevra vir ore en hoewel sy niks kon belowe nie, het sy belowe om te probeer. Sy het voorheen vir hom ’n been-geankerde gehoortoestel ingeplant.

Dié toestel werk anders as ’n tradisionele gehoorapparaat en as ’n kogleêre inplanting deurdat klank deur middel van die skedelbeen direk na die koglea in die binneoor gestuur word.

Sy het prof. Cules van den Heever, maksillofasiale prostodontis van die Universiteit van Pretoria, genader, maar die koste was baie hoog. Danksy die Fuchs-stigting was die geld egter binne twee weke beskikbaar.

Toe ek die eerste keer my nuwe ore sien, was die gevoel onwerklik. Daar is geen manier en woorde om dit te verduidelik nie
Tylor Baker

Meyer het Tylor gevra watter ore hy wil hê en sy antwoord was dadelik sy suster Ha-Lee (18) s’n.

Gerrie Booysen van Bloemfontein het ’n afgietsel van Ha-Lee se ore gemaak, wat Meyer as “ ’n kunswerk” beskryf.

Van den Heever sê drie maande gelede is drie titaaninplantings weerskante van Tylor se skedel gedoen. Daar is tyd gegun dat die wonde kon genees en die ore wat uit silikoon gemaak is, is dié week geheg. Hy kan dit saans afhaal. Sonder hospitaalkoste het elke oor sowat R62 500 gekos.

Meyer verduidelik dit is die eerste keer dat so ’n prosedure by die Groote Schuur-hospitaal gedoen is. Hoewel dit moontlik is om ore uit die kraakbeen van ’n mens se ribbe te maak, is die resultate daarvan verskillend vir mense.

Tyler sê oral waar hy gegaan het, het mense altyd na hom gestaar.

“Toe ek die eerste keer my nuwe ore sien, was die gevoel onwerklik. Daar is geen manier en woorde om dit te verduidelik nie.”

Hy sal nou ook vir die eerste keer ’n sonbril kan dra.

Tylor Baker voordat en nadat hy, danksy ’n skenking van die Fuchs-stigting, prostetiese ore aan die Groote Schuur-hospitaal ontvang het. Hy het ook ’n beengeankerde gehoortoestel wat sigbaar is. Foto: Lulama Zenzile

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.