26 April 07:57
Kaapstad Verander Area

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

19°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 79%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Saterdag

26°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Sondag

21°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Hof
Aanklaer wat glo seksmisdade pleeg ‘kry terapie’

’n Senior staatsaanklaer van Atlantis, wat teregstaan op aanklagte van die besit en verspreiding van pornografie, kinderpornografie en seksuele aanranding, se saak is vir ’n maand uitgestel.

Die 42-jarige man is einde 2016 by sy huis in Malmesbury in hegtenis geneem.

Hy het Donderdag vlugtig in die landdroshof in Parow verskyn, waar sy saak uitgestel is.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die direkteur van openbare vervolging, sê die saak is tot 5 Mei vir verdere ondersoek uitgestel.

“Die staat wag vir ’n verslag van die Rolprent- en Publikasieraad,” sê hy. Hy kon egter nie verduidelik waarom die staat dié verslag aangevra het nie.

Die beskuldigde se naam kan weens die aard van die beweerde misdade nie bekend gemaak word nie.

Die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings het die beskuldigde ná ’n drie maande lange ondersoek in hegtenis geneem.

Hy het vroeg in Januarie in die hof verskyn waar hy op borgtog van R1 000 vrygelaat is.

Die verdagte het in sy borgtogaansoek gesê hy ontvang terapie en woon ook sessies van ’n ondersteuningsgroep by.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.