29 Mei 23:07
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 47%

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Donderdag

19°C / 13°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 50%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 36km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 69%

Sondag

16°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 2mm

Humiditeit 65%

Hof
Beeldmateriaal wys kunstenaar is skuldig aan moord
Lede van die Sex Worker Education and Advocacy Taskforce (Sweat) hou ’n skildery vas wat van die enigste foto van wyle Nokuphila Kumalo geverf is. Foto: Jana Breytenbach

Die “skokkende” beeldmateriaal wat wys hoe ’n lang man ’n klein geboude vrou doodskop, was genoeg bewyse om ’n internasionale kunstenaar aan moord skuldig te bevind.

Dít en die feit dat Zwelethu Mthethwa, ’n skilder en fotograaf, nie die hof in sy vertroue geneem het en kom verduidelik het wat in die vroeë oggendure van 14 April 2013 gebeur het nie.

So het regter Patricia Goliath, adjunk-regter-president van die hooggeregshof in Kaapstad, Donderdag in haar uitspraak gesê.

Mthethwa het op 2 Junie 2015 skuld ontken op aanklag van moord op Nokuphila Kumalo (23).

Goliath het gesê die beeldmateriaal wat deur die veiligheidskameras opgeneem is, was sterk getuienis omdat dit objektief en onafhanklik is en “dit kan gebruik word in ’n manier wat skuld of onskuld kan bewys”.

Zwelethu Mthethwa wag in die hooggeregshof in Kaapstad op regter Patricia Goliath se uitspraak. Foto: Lulama Zenzile

Dít was ook die grootste bewysstuk wat Mthethwa betrek en sy regspan het hard hierteen baklei – eers oor die toelaatbaarheid van die beeldmateriaal en toe oor die betroubaarheid daarvan.

“Hy het die metode waarop die beeldmateriaal afgelaai is aangeval, maar hy het nooit ’n kenner gekry om dit te bewys nie.

“Hierdie hof is tevrede dat die verdediging misluk het om te bewys dat die beeldmateriaal nie betroubaar is nie,” het Goliath gesê.

Goliath het verder gesê die Tracker-bewyse en die getuienis van die Porsche-verkoopsman wat in 2012 ’n Porsche aan Mthethwa verkoop het, is baie belangrik.

Mthethwa het erken die Tracker-bewyse wat sy motor op die toneel plaas, is korrek.

Hierna het Mthethwa se regspan aangevoer die bestuurder en die skopper is nie dieselfde mens nie. Hulle het gesê dit lyk asof iemand die persoon jaag, maar Goliath het dié hipotese verwerp.

Sy het bevind die skopper en die bestuurder ís dieselfde mens.

Ao. Warren Smith was die ondersoekbeampte in die Zwelethu Mthethwa-saak wat byna twee jaar geduur het.Foto: Lulama Zenzile

Die staat se mediese getuienis kon die verdediging egter ook nie verkeerd bewys nie.

Laastens het William Booth, Mthethwa se regsverteenwoordiger, prof. Tuvia Zabow geroep om oor Mthethwa se beweerde geheueverlies te getuig.

Goliath het gesê sy kan nie op dié getuienis staatmaak nie omdat Mthethwa nie self getuig het nie.

“Die beskuldigde se stilte in ’n poging om die waarheid te vind, maak van Zabow se getuienis waardeloos,” het sy gesê.

Goliath het deurlopend melding gemaak dat Mthethwa nooit antwoorde in die hof gegee het nie.

Sy het spesifiek verwys na sy waarskuwingsverklaring waarin hy onder eed gesê het dat hy sal getuig.

“Toe die geleentheid daar was vir Mthethwa om te getuig, het hy dit nie gedoen nie. Hy het nie die hof in sy vertroue geneem nie.”

Een van die vele vrae wat onbeantwoord gelaat word, is waar hy was ten tyde van die moord en hoekom Kumalo so wreed vermoor is.

“Die hof is oortuig dat die enigste afleiding wat gemaak kan word, is dat die beskuldigde die oorledene vermoor het en dat hy kon voorsien dat die beserings haar dood kon veroorsaak.” Sy het hom gevolglik skuldig bevind op aanklag van moord.

Vonnisverrigtinge begin op 29 Maart.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.