Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Hof
Boer moet R3,7 miljoen kry vir brandskade

Een van die plaaseienaars wat skade gely het toe ’n brand agt jaar gelede vanaf die polisie se opleidingsinstituut in Thabazimbi versprei het, moet skadevergoeding van sowat R3,7 miljoen kry.

Dit volg nadat die hooggeregshof in Pretoria in 2013 bevind het die regering en die minister van polisie is aanspreeklik om 14 plaaseienaars te vergoed vir hul brandskade.

Hy het ’n elektriese stelsel verloor. Sy pekanneutboord, met ’n besproeiingstelsel, het afgebrand.

Die brand het op 28 Augustus 2008 uitgebreek naby die polisie se skietbaan by die instituut wat as Verdrag bekend staan.

Regter Johan Louw het in 2013 ook bevind die verweerders is aanspreeklik vir die skade van A.A. Röntgen (die 15de eiser), wat brandwonde ten tyde van brandbestryding opgedoen het.

Die regering het later voor dié hof se volbank teen Louw se uitspraak geappelleer, maar die volbank het die appèl van die hand gewys.

Louw het die afgelope week die regering en minister beveel om R3 784 193,00 te betaal aan Johan Coenraad Weilbach, een van die plaaseienaars, nadat die verweerders ingestem het om dit te betaal as ’n finale skikking van Weilbach se eis.

Luidens die hofbevel sal die bedrag teen 30 April betaal word.

Ook Weilbach se regskoste (vir sy geding om die omvang van die skade te bepaal) moet deur die verweerders betaal word.

Weilbach het in sy eisbesonderhede gesê hy moes 81 km se veeheining en twee tabakstore vervang.

Hy moes ’n rondawel herbou en twee motorhuise vervang. In die oorspronklike motorhuise is vier elektriese motors, kunsmis en gifstof teen peste ook tot niet.

Hy moes ’n bakkie- en ’n stroperenjin herstel en ’n windpomp vervang. ’n Mielieoes, gebaalde hooi, weiding en vee is daarmee heen.

Hy het ’n elektriese stelsel verloor. Sy pekanneutboord, met ’n besproeiingstelsel, het afgebrand.

Hy moes ’n bakkie- en ’n stroperenjin herstel en ’n windpomp vervang. ’n Mielieoes, gebaalde hooi, weiding en vee is daarmee heen.

Louw het destyds in sy uitspraak gesê die polisie bedryf Verdrag op ’n terrein van sowat 9 000 ha.

Die brand het uitgebreek terwyl studente van die nasionale intervensie-eenheid ’n skietoefening gehad het. Die brand is finaal op 2 September geblus.

Louw het bevind die polisie was nie nalatig toe die brand ontstaan het nie.

Die polisie het eers gesê die brand is waarskynlik veroorsaak deur ’n projektiel wat ’n vonk gemaak het. Twee brandkenners (vir die onderskeie partye) het toe ’n ooreenkoms bereik, waarna die polisie gesê het die brand se oorsaak is onbekend.

Louw het gesê as ’n opgeleide persoon beskikbaar was om opdragte te gee, sou die klein brand net daar geblus gewees het.

Die vraag is dus of die polisie getoon het hy was nie nalatig toe die brand versprei het nie.

Die adjudant-offisier wat in 2008 in beheer was van die instandhouding van toerusting en die maak van brandpaaie op Verdrag, was afwesig toe die brand begin het. Hy was in Kaapstad op ’n kursus.

Daar was geen mens – om nie eens van ’n gekwalifiseerde mens te praat – wat beheer van die brandbestrydingsproses geneem het nie. Net die studente en die opleidingsbeamptes was daar.

Die studente is toe beveel om ses klein brandblussers en ’n paar grotes te gebruik.

Die brandkenner namens die verweerders het getuig dié soort blussers behoort juis nie teen veldbrande gebruik te word nie omdat dit die brand aanblaas eerder as om dit te smoor. Water moes gebruik word.

Louw het gesê as ’n opgeleide persoon beskikbaar was om opdragte te gee, sou die klein brand net daar geblus gewees het.

Meer oor:  Polisie  |  Thabazimbi  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.