Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Hof
E-pos in skelmpie se naam kos Eskom-vrou duisende

’n Senior werknemer van Eskom wat e-posse van haar vorige skelmpie se rekening af gestuur het, moet ’n boete van R40 000 betaal of twee jaar agter tralies sit.

Genevieve Roux het in die handelshof in Bellville skuld beken op aanklag daarvan dat sy die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies oortree het.

Sy en haar huidige kêrel, Sean Millard, het onwettig toegang tot Johannes Burger (die skelmpie) se rekenaar en later ook sy selfoon verkry en ’n string e-posse onder sy naam gestuur. Millard het hom glo as Burger voorgedoen om besonderhede van Burger se e-pos-rekening by Eskom se oproepsentrum te verkry.

Die handelshof het op 31 Julie bevind Roux het haar pos gebruik om Burger se reg tot privaatheid te oortree. Sy het ook Eskom se inligting en veiligheid blootgestel.

Millard is tot ’n boete van R10 000 of tronkstraf van een jaar gevonnis.

Tebogo Rakau, uitvoerende hoof van Eskom se veiligheid, sê hy is baie tevrede met die uitspraak. Dit stuur ’n sterk boodskap om mense wat soortgelyke dade wil pleeg af te skrik.

“Dit wys dat die beskerming van kritieke data vir ons baie ernstig en belangrik is.”

Hy sê ook die oortreding het hul oë oopgemaak.

“Dit het die dringendheid om ons veiligheid op te skerp uitgewys.”

Millard en Roux is ook dissiplinêr verhoor. Die uitspraak word Vrydag aangekondig.

Meer oor:  Belville  |  E-Pos  |  Eskom  |  Skelmpie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.