23 Junie 19:22
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 9°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

18°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 36km/h

Reënval 12mm

Humiditeit 78%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 7km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 63%

Hof
Getuie wil traumatiese dag op plaas vergeet
Molelekoa Jacob Mothibedi Foto: Alzane Narrain

Hy wil die traumatiese dag vergeet toe hy op ’n boervrou se verbrande lyk in haar smeulende plaashuis buite Theunissen afgekom het.

Só het Quentin van Eeden van Theunissen in die verhoor van Molelekoa Jacob Mothibedi (22) in die Vrystaatse hooggeregshof getuig.

Mothibedi word daarvan aangekla dat hy Martie Bester (66), van die plaas Erfbloem, op 6 Januarie 2015 in haar huis aangeval, beroof en vir dood agtergelaat het.

Hy het Woensdag op aanklagte van moord, huisbraak, verkragting, brandstigting en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie voor waarnemende regter Nosipho Gela verskyn.

Sy medebeskuldigde, Lekgotla Mabandla James Matatiele (23), het in November 2015 op dié plaasmoord skuld beken en is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Van Eeden, wat in die konstruksiebedryf werk, het getuig hy was op 12 Januarie 2015 na ’n plaas buite die dorp op pad toe hy rookwolke gesien het.

Hy het ondersoek ingestel omdat dit vir hom vreemd was dat iemand ’n groot vuur in die middel van die somer maak.

Van Eeden sê met sy aankoms op die plaas was die huis se venster pikswart en al die deure en vensters toe.

Toe hy ’n gebreekte kombuisvenster sien, het hy vermoed daar was ’n inbraak.

Wyle Martie Bester.

Hy het geroep, maar niemand het geantwoord nie.

Toe hy ’n ingang na die huis kry, het hy sy hemp uitgetrek, dit natgemaak en sy mond daarmee toegebind.

Van Eeden sê weens die digte rook kon hy nie voor hom in die huis sien nie. Die rook het sy oë gebrand en hy kon nie asemhaal nie.

“Ek het besef indien iemand in die huis was, kon hy of sy nie die rook oorleef het nie.”

Van Eeden het toe buite die huis mense in die omgewing gebel.

Hy sê die mense het gesê ’n bejaarde vrou woon alleen op die plaas.

“Toe ek nie haar bakkie sien nie, het ek gehoop sy was nie tuis toe die rower of rowers op haar huis toegeslaan het nie.”

Minute later het die polisie en nooddienstewerkers opgedaag.

Nadat die brand geblus is, is Bester se verkoolde lyk gekry.

Sy was reeds ’n week dood. Die booswigte het ’n Bybel op haar naakte lyk geplaas.

“Ek het myself verwyt. Ek het soos ’n lafaard gevoel omdat ek haar nie kon red nie,” het hy met trane in sy oë getuig.

Ek het myself verwyt. Ek het soos ’n lafaard gevoel omdat ek haar nie kon red nie.

Hy sê hy probeer elke dag om die gebeure op die traumatiese dag te vergeet.

Van Eeden sê hy het nie berading ontvang nie.

Mothibedi het gister (Woensdag) ontken hy was by die plaasaanval betrokke.

Hy het skuld op aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie beken.

Die verhoor duur voort.

Nono Lesie-Shale tree vir die staat op.

Adv. Temba Diba tree vir Mothibedi op.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.