29 Junie 04:07
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Vrydag

14°C / 12°C

Wind 13km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Sondag

15°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Maandag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Dinsdag

16°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Hof
Hof verbied Malema, EFF om aan te hits oor grond
Julius Malema, EFF-leier.Foto: Lisa Hnatowicz

’n Interdik wat Julius Malema en die EFF verbied om mense aan te hits om grond onwettig te beset, is in die hooggeregshof in Pretoria toegestaan.

AfriForum en AfriSake het verlede jaar die aansoek gebring. Luidens die bevel mag Malema en die EFF niemand aanhits of beveel om grond onwettig te betree of te beset nie.

“ ’n Eienaar het die reg om homself op sy eie grond te verdedig,” sê Tarien Cooks, veiligheidskoördineerder van AfriForum.

Grondeienaars wie se grond beset word, kan AfriForum en AfriSake nader om die saak op te volg.

“Ek dink die interdik is enig in sy soort. As Malema of ’n lid van die EFF nie die bevel nakom nie, sal hulle van minagting van die hof aangekla word,” sê Cooks.

Van die grondbesetters dra klere met die EFF-embleem. “Die rooi barette word met die EFF geassosieer en baie van die mense wat grond beset, het rooi T-hemde aan.”

AfriForum en AfriSake het die hofstukke op 16 November verlede jaar by die hof ingedien. Malema en die EFF het nie daarop gereageer nie.

Malema en die EFF moet AfriForum en AfriSake se regskoste betaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.