Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Hof
Jayde Panayiotou se saak hervat
Christopher Panayiotou, vermeende baasbrein agter sy vrou Jayde se moord. Foto: Werner Hills

Jayde Panayiotou is Vrydag presies twee jaar gelede voor haar meenthuis in Port Elizabeth ontvoer.

Jayde, ’n onderwyseres van Uitenhage, se verdwyning het soos ’n veldbrand in sosiale media versprei.

Jayde Panayiotou se begrafnisbrief.

Haar lyk is ná ’n uitgebreide soektog met kopskote in ’n verlate veld buite Uitenhage aangetref.

Christopher Panayiotou, Jayde se man, is etlike dae ná haar begrafnis vir haar moord in hegtenis geneem.

Die staat voer aan dat Panayiotou die baasbrein agter sy vrou se moord is.

Na bewering het Panayiotou vir Luthando Siyoni, ’n uitsmyter by sy klub, betaal om die huurmoord op Jayde te laat uitvoer.

Die verhoor het Woensdag hervat, nadat die verhoor in 2016 ná twee maande se hofsittings, onderbreek is.

’n Binneverhoor word gehou oor die toelaatbaarheid van ’n bandopname van ’n gesprek tussen Panayiotou en Siyoni, die beweerde middelman.

Die verdediging probeer die hof oortuig dat die bandopname onregmatig bekom is en nie as ’n bewysstuk toegelaat mag word nie.

Woensdag het die verdediging twee polisielede, insluitende die waarnemende hoof van die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad in Port Elizabeth, laat sweet oor vrae rondom inligting van hul ondersoek, wat nie in hul polisiesakboeke aangeteken is nie.

Die hof het nie Donderdag vir die verhoor gesit nie en sal weer later Vrydagoggend in die hooggeregshof hervat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.