29 Mei 08:01
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Dinsdag

21°C / 14°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Donderdag

18°C / 14°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Vrydag

21°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Hof
Jayde-saak: Binneverhoor oor lokval gehou
Christopher Panayiotou, vermeende baasbrein agter sy vrou Jayde se moord, praat Vrydag met sy prokureur Alwyn Griebenow in die hof. Foto: Werner Hills

Die wet bepaal dat ’n lokval wat deur die polisie opgestel is, nie deur aanhoudende pogings volgehou mag word nie.

So het adv. Terry Price (SC), Christopher Panayiotou se regsverteenwoordiger, Vrydag in die hooggeregshof in Port Elizabeth in die binneverhoor van die Jayde Panyaiotou-moordverhoor gesê.

Dit volg nadat ao. Shane Bosch van die stad se georganiseerde misdaadeenheid onder kruisondervraging bevestig het dat 21 oproepe op een dag na Panayiotou gemaak is in ’n poging om Panayiotou te kry om homself by sy vrou se moord te impliseer.

Dít het Vrydag in die hofsitting ontvou, op die dag dat Jayde presies twee jaar gelede voor haar meenthuis in Port Elizabeth ontvoer en later vermoor is. Michelle Inggs, Jayde se ma, het Vrydag saggies in die hof gehuil terwyl Panayiotou, Jayde se man, die hof ingebring is.

Panayiotou word daarvan beskuldig dat hy ’n huurmoord op Jayde versoek en betaal het. Hy het glo vir Luthando Siyoni, ’n voormalige werknemer betaal om die huurmoord te organiseer.

Ao. Shane Bosch van die georganiseerde misdaadeenheid in Port Elizabeth verlaat die getuiebank. Foto: Werner Hills

Die staat is in besit van ’n bandopname van ’n gesprek tussen Panayiotou en Siyoni, waarin Panayiotou homself blykbaar by die moord impliseer.

’n Binneverhoor word tans gehou om te bepaal of die bandopname as bewysstuk in die hof toegelaat moet word.

Price beweer die bandopname is onregmatig bekom, aangesien Siyoni verlede jaar getuienis in die hof gelewer het waartydens hy beweer het dat die polisie hom aangerand en gedwing het om ’n bekentenis af te lê.

Die verdediging probeer verder bewys dat Siyoni onder druk geplaas is om Panayiotou te ontmoet sodat Panayiotou homself by Jayde se moord kan impliseer.

Michelle Inggs, die vermoorde Jayde Panayiotou se ma, was Vrydag baie emosioneel in die hooggeregshof. Dit is presies twee jaar sedert Jayde voor haar meenthuis in Port Elizabeth ontvoer en later vermoor is. Foto: Werner Hills

Bosch het getuig hy het Siyoni se opgeswelde linkeroog opgelet toe hy hom op 28 April 2015 uit die selle na hul kantore geneem het. Bosch sê hy het nie vir Siyoni daaroor uitgevra nie.

Hy het verder getuig dat Siyoni ’n art. 204-staatsgetuie wou wees en dit was glo Siyoni se idee om Panayiotou te bel sodat hy homself kan impliseer.

Bosch het toegegee ná verskeie probeerslae was die oproepe na Panayiotou onsuksesvol en hulle het weer die volgende dag probeer, wat toe tot ’n

Jayde Panayiotou se begrafnisbrief.

ontmoeting tussen Siyoni en Panayiotou gelei het. Die bandopname wat in die binneverhoor betwis word, is ten tyde van dié ontmoeting opgeneem.

Price het aan Bosch gevra hoekom hy vir Siyoni gesê het dat hy deur ’n lewenslange vonnis in die St. Albans-gevangenis, waar 60 tot 70 mense langs mekaar slaap, in die gesig gestaar word.

Bosch sê hy wou net die feite aan Siyoni uitlê. Maar Price het gesê hy jok en die stellings was om Siyoni te dreig sodat hy sou aanhou om die oproepe te maak.

Price het ook gesê volgens wet mag iemand nie gedwing word om deel van ’n lokval te wees nie, anders verloor dit geloofwaardigheid.

Bosch het toegegee dat 21 oproepe op een dag baie was, maar het bygevoeg dat die polisie teen tyd gewerk het aangesien hulle bekommerd was dat Siyoni se inhegtenisneming Panayiotou se ore sou bereik en die lokval nie sou werk nie.

Die verhoor duur voort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.