22 Augustus 20:38
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Sondag

19°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

21°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Hof
Jayde-saak: Regter laat selfoon-getuienis toe

Regter Dayalin Chetty het Maandag teen ’n aansoek besluit van adv. Peter Daubermann, regsverteenwoordiger van Christopher Panayiotou se medebeskuldigdes in die saak van moord op sy vrou, Jayde, om selfoongetuienis te weier omdat dit glo ongrondwetlik is.

Daubermann tree namens Sinethemba Nenembe en Zolani Sibeko op, wat saam met Panayiotou tereg staan op aanklagte van sameswering om moord te pleeg, moord, roof met verswarende omstandighede, kaping, die onwettige besit van ’n vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.

Adv. Peter Daubermann Foto: Werner Hills

Adv. Marius Stander, staatsaanklaer, wou Donderdag hê die hooggeregshof in Port Elizabeth moet die getuienis aanvaar ingevolge art. 15 (4) van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies, wat die onus na die beskuldigdes skuif om te bewys dat die inligting nie korrek is nie.

Daubermann voer aan dié ongrondwetlike artikel plaas nou ’n omgekeerde onus op die beskuldigde om die staat verkeerd te bewys.

Chetty het Daubermann daarna ’n geleentheid gegee om die hof toe te spreek.

Daubermann het hierop ’n nuwe regsargument begin en gesê die beskuldigdes se selfooninligting is onregmatig verkry. Hy het gesê sy kliënte se grondwetlike reg tot privaatheid is geskend, ingevolge die Rica-wet.

Die saak duur voort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.