26 April 13:45
Kaapstad Verander Area

Woensdag

20°C / 16°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Saterdag

27°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 41%

Sondag

20°C / 17°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Hof
Klasaksie oor Moslemhuwelike gou aangehoor
Plakkate teen die diskriminasie teen Moslemvroue kon van ver buite die hooggeregshof in Kaapstad gesien word. Foto: Jaco Marais

’n Dag voor Menseregtedag het die hooggeregshof in Kaapstad beslis dat ’n volbank regters die klasaksie oor Moslemhuwelike en die wettigheid daarvan in Augustus sal aanhoor.

Minstens 50 Moslemvroue het buite die hooggeregshof in Kaapstad betoog teen diskriminasie teen hulle.Foto: Jaco Marais
Ayesha Royker was Maandag deel van ’n vreedsame protesaksie buite die hooggeregshof in Kaapstad as deel van die hofsaak om Moslemhuwelike wetlik te erken. Foto: Jaco Marais
Verskeie ondersteuners van die klasaksie dat die regering Moslemhuwelike moet erken, was Maandag in die hof teenwoordig toe die saak na Augustus uitgestel is. Foto: Jaco Marais

Die partye het ooreengekom op die nuwe datum van 28 Augustus en regters Siraj Desai, Gayaat Salie-Hlophe en Nolwazi Boqwana sal die saak aanhoor.

Die saak het Maandag in die hooggeregshof voorgekom waar ’n groep van sowat 50 Moslemvroue die verrigtinge bygewoon het.

Die regter-president van die hooggeregshof, regter John Hlophe, het beslis dat omdat daar verskeie soortgelyke sake voor die hof is, almal gekonsolideer en as ’n klasaksie aangehoor moet word. Maandag sou partye net datums vir die indien van pleitstukke bevestig.

Volgens Angie Richardson, woordvoerder van die Woman’s Legal Resource Centre, wat die meeste van die applikante help, is daar verskeie sake reg oor die provinsie wat soortgelyk is.

“Hierdie is ’n bevestiging van die feit dat Moslemvroue sukkel dat hul regte erken word omdat Moslemhuwelike nie wettig geag word nie.”

Volgens Richardson het dié vroue geen ander keuse as om die howe te nader nie.

’n Groep van sowat 50 vroue het by die hof ’n vreedsame betoging gehou om die verrigtinge te ondersteun.

Richardson het verder gesê die gevolg van dié huwelike wat nie as wettig beskou word nie, is dat daar diskriminasie in terme van skeisake, die plig om te ondersteun, ouerregte en verantwoordelikhede en erflatings is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.