Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Hof
Kuberverslag nog uitstaande oor pornografie

Die afwesigheid van ’n kuberverslag het gelei tot nog ’n uitstel in die saak teen ’n pa wat glo sy eie kinders kaal afgeneem en die beeldmateriaal aanlyn versprei het.

Die man (44), wie se naam nie genoem mag word totdat hy gepleit het nie, het Dinsdagoggend vlugtig in die landdroshof in Port Elizabeth voorgekom.

Die saak is tot 9 Maart uitgestel om die polisie tyd te gee om die kuberverslag rondom die man se internetspore te bekom.

Die man word van die besit, vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie aangekla. Hy is in November 2016 by sy huis in die Mountweg-gebied in die stad deur die Gautengse polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings aangekeer.

Die man is getroud en het drie minderjarige kinders.

’n Betroubare polisiebron sê die man het sy twee dogters slagoffers van sy misdrywe gemaak.

Foto’s van die man se dogters, wat in hul huis se bad geneem is, het die man met die vermeende misdryf verbind.

Die man se vrou het eers op die dag van sy inhegtenisneming van die aantygings teen hom uitgevind.

Sy was nie ten tyde van haar man se inhegtenisneming by die huis nie en hy het haar oor die telefoon van die aanklagte teen hom ingelig. Hy het toe sy volle samewerking aan die polisie gegee en sy rekenaar met die beeldmateriaal aan die polisie uitgewys.

Die kinders is in die sorg van hul ma.

Die man is ná twee nagte agter tralies borgtog van R10 000 in die plaaslike landdroshof toegestaan.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Pa  |  Pornografie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.