25 Mei 20:01
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 14°C

Wind 14km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 74%

Saterdag

16°C / 13°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Maandag

20°C / 12°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Dinsdag

20°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Woensdag

18°C / 15°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Hof
Man 12 jaar tronk toe ná hy vriendin probeer vermoor

’n Voormalige teologiestudent wat sy vriendin met ’n mes in ’n Oos-Londense hotel probeer vermoor het, is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis.

Thanduxolo Mfobo (45) is op aanklag van poging tot moord skuldig bevind nadat hy Gloria Noganta (44), sy vriendin, minstens drie keer met ’n mes in haar bolyf gesteek het.

Die paartjie het die aand van die voorval in Augustus 2014 in ’n hotel in Oos-Londen oorgebly. Mfobo het toe gestudeer om ’n pastoor te word en Noganta het in Pretoria gewerk. Sy was die aand vir ’n konferensie in Oos-Londen.

Hulle het glo ’n argument oor die toekoms van hul verhouding gehad toe Mfobo ’n mes uitgehaal en Noganta in die rug gesteek het. Noganta is nog twee keer met die mes gesteek voordat sy uit die hotelkamer gevlug en hulp by die ontvangsdame gevra het.

Die polisie en paramedici is ontbied en Noganta was dae lank in die waakeenheid van ’n hospitaal.

Ao. Hazel Mqala, polisiewoordvoerder, sê Mfobo is Woensdag in die streekhof in Oos-Londen tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.