27 Maart 00:47
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 15°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

23°C / 15°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

19°C / 15°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Hof
Man ‘stomgeslaan’ dat sy vrou hom glo wou laat vermoor
Maria Ferreira Maandag by die Witrivier-landdroshof.Foto: Alet Joubert

Die man wie se vrou glo iemand wou huur om hom te vermoor is “net so stomgeslaan as almal anders”.

“Ek het nooit ’n idee gehad nie,” het Carlos Ferreira (55) Maandag gesê.

Hy het vermoedens oor sy vrou, Maria (53), se geestelike welsyn en meen sy moet behandeling ontvang.

Maria het Maandag vlugtig in die Witrivier-landdroshof in Mpumalanga verskyn.

Haar man was ook in die hof, maar het Maandagaand gesê hy is nou op pad terug na Mosambiek waar hy en sy vrou die Primo Cabanas Lodge in Ponta do Ouro in die suide van die land bedryf.

Maria is Sondag deur kol. Danie Hall van die Valke by ’n vulstasie op die dorp in hegtenis geneem op aanklag van sameswering om moord te pleeg.

“Dit volg nadat ons inligting opgevolg het dat sy R20 000 beloof het aan ’n lid van die Valke wat hom as ’n huurmoordenaar voorgedoen het, om haar man te vermoor,” het Hall gesê.

Hall sê die egpaar het die naweek by vriende gekuier en sy wou na bewering hê dat die moord gepleeg word op pad terug na Mosambiek.

In die hof het Maria onsamehangend voorgekom. Die landdros het haar herhaaldelik gevra of sy mediese sorg nodig het.

“Nee, net ’n prokureur,” het Maria gesê.

Carlos en sy vrou is al drie jaar getroud.

Albei Maria se vorige twee mans is dood.

“Volgens Ferreira is haar eerste man aan kanker dood,” sê Hall.

Haar tweede man, Alan Hepburn, was 42 toe hy op 5 Februarie 2012 op ’n kleinhoewe in Bronkhorstspruit doodgesteek is terwyl hy ’n motorwiel omgeruil het.

Die saak teen haar is tot 27 Maart uitgestel. Sy bly in aanhouding.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.