28 Junie 19:32
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Vrydag

14°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

15°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Maandag

16°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Dinsdag

15°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Hof
‘My hel in kloue van verkragter’
Ioannadis

Sy was tien toe sy vir die eerste keer verkrag is.

Haar verkragter was 50 jaar ouer as sy.

Voordat hy haar verkrag het, het hy haar eers pornografie op die TV gewys.

“Hy het my gevra hoe ek daaroor voel. Ek het gesê ek voel niks nie en toe gesê ek gaan slaap.”

Al het Michelle* haar kamerdeur gesluit, het haar verkragter nogtans ingekom.

“Toe hy inkom, was sy broek reeds om sy knieë. Ek is aan pornografie voorgestel toe ek nie eens geweet het wat seks is nie. Dieselfde aand is ek verkrag,” het sy vertel.

Michelle se verkragter, Christo Ioannadis (74), is Donderdag in die Benoni-landdroshof tot effektief 20 jaar tronkstraf gevonnis. Hy het haar tussen 2003 en 2005 herhaaldelik verkrag.

“ ’n Vrou se maagdelikheid is haar kosbaarste besitting. Elke vrou wil tere herinneringe daarvan hê, maar die klaer kan dit beslis nie hê nie,” het landdros Ian Cox gesê.

Michelle vertel Ioannadis, ’n verlangse familielid, het gestaan en lag toe sy haar bebloede onderklere ná die eerste verkragting gewas het.

Sy kon destyds nie eens Engels praat nie nadat sy en haar ma kort tevore van Oos-Europa na Suid-Afrika geëmigreer het.

Hy het haar oor ’n tydperk van twee jaar elke twee weke verkrag.

Michelle sê die verkragtings het oral op die hoewe in Benoni waar sy en haar ma saam met Ioannadis en sy gesin gewoon het, plaasgevind.

“Dit was in sy kar. Sommer oor ’n heining. In ’n hooimied by iemand anders se huis.”

Ek was bang hy deporteer ons, want hy het my heeltyd daarmee gedreig of dat hy dieselfde aan my ma sou doen.

In 2008, toe sy 16 jaar oud was, het hy haar vir die laaste keer verkrag.

Sy het haar ma eers in 2011, toe sy 18 jaar oud was, daarvan vertel.

Ioannadis het gehelp om haar en haar ma na Suid-Afrika te bring deur hulle by te staan met visumreëlings.

“Ek was bang hy deporteer ons, want hy het my heeltyd daarmee gedreig of dat hy dieselfde aan my ma sou doen.”

Toe sy ná die verkragtings probeer selfmoord pleeg het, het hy haar weer uitgelag.

“Ag, kinders doen dit. Dis mode,” het hy toe vir haar gesê.

Oor Ioannadis se vonnis sê sy: “Ek is baie bly dat geregtigheid ná al die jare geskied het. Ek het dit nooit verwag nie. My saak dien nou as voorbeeld vir ander vroue en kinders dat jy ná jare steeds ’n kans het.”

Sy sê die hofsaak van die afgelope ses jaar het ’n groot tol van haar geëis, maar sy is nie ’n oomblik spyt dat haar verkragter nou agter tralies gaan sit nie.

Cox het gesê Ioannadis, oorspronklik van Griekeland, het nooit berou getoon nie.

“Hy was soos ’n pa of selfs oupafiguur vir haar. Pleks daarvan om haar te beskerm, het hy presies die teenoorgestelde gedoen.”

Op die aanklag van verkragting het Cox Ioannadis tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Op elk van die aanklagte van onsedelike aanranding, die oortreding van die Kinderwet en crimen injuria is hy tot vyf jaar gevonnis. Dié vonnisse sal samelopend uitgedien word.
* ’n Skuilnaam.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.