26 Junie 20:53
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 62%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 20km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 81%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

16°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Hof
Nóg 2 Kaapse mans glo deel van porno-sindikaat

Nog twee Kaapse mans wat met die internasionale kinderpornografiesindikaat Cloud 9 verbind word, is vandeesweek in hegtenis geneem.

’n Gespesialiseerde ondersoekspan van die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdaad (FCS) in Gauteng, het die inhegtenisnemings gedoen.

In die jongste voorval is ’n oudonderwyser (28) van Ottery Donderdag by sy ouerhuis in hegtenis geneem.

Op sy skootrekenaar en selfoon is beeldmateriaal van kinderpornografie gevind.

Die man is die dertiende Suid-Afrikaner wat weens sy betrokkenheid by die sindikaat aangekeer is.

Hy het Vrydag in die landdroshof in Wynberg op aanklagte van die besit en verspreiding van kinderpornografie verskyn. Die tenger oudonderwyser was geklee in ’n denimbroek en sweetpakbaadjie.

Na wat verneem word, het hy aan die einde van die eerste skoolkwartaal as onderwyser bedank.

Landdros Goolam Bawa het verduidelik dat hy die reg op ’n regsverteenwoordiger of regshulp het of dat hy hom self kan verdedig.

Die oudonderwyser, wat self nog soos ’n tiener lyk, het gevra of hy sy pa wat in die galery gesit het, se raad kon vra. Bawa het sy pa toegelaat om in die hof te praat.

“Kan hy asseblief regshulp kry,” het sy pa gevra.

Bawa het hom later op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Vroeër Vrydagoggend het ’n 59-jarige man van Glencairn naby Vishoek in die landdroshof in Simonstad verskyn.

Hy is die twaalfde Suid-Afrikaner wat weens sy verbintenis met Cloud 9 in hegtenis geneem is.

Die pa van twee kinders is Woensdag in hegtenis geneem nadat ’n groot hoeveelheid beeldmateriaal van kinderpornografie op sy selfoon en skootrekenaar gevind is. Hy het Vrydag ook op aanklagte van die besit van kinderpornografie en die verspreiding daarvan verskyn. Die man het eers aangedui dat hy sy eie prokureur sal aanstel, maar het later regshulp gevra. Sy vrou het die hofverrigtinge bygewoon.

Hy is op borgtog van R2 000 vrygelaat.

’n Belgiese polisiebeampte het die internasionale kinderpornografienetwerk oopgevlek toe hy en sy span in 2014 ’n pedofiel aangekeer het. Sy ondersoek het hom na Plettenbergbaai in Suid-Afrika gelei. Die FCS-eenheid in Gauteng is toe betrek.

Die oudonderwyser verskyn weer op 2 Junie in die landdroshof in Wynberg en die 59-jarige op 17 Mei in Simonstad.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.