24 Julie 18:51
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

16°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 69%

Woensdag

14°C / 9°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Donderdag

18°C / 10°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Vrydag

19°C / 14°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Sondag

16°C / 10°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Hof
Ouma getuig Wilson het moordaand haar jas aangehad

Cameron Wilson kon nie sy oë glo toe sy ouma Maandag teen hom in die hooggeregshof in Kaapstad getuig het nie.

Toe Mary Wilson in die getuiebank klim, het Wilson se oë gerek en dit het geblyk dat hy baie kwaad was.

Hy het stip na haar gestaar en hard op sy tande gekners.

Wilson het sedert Junie 2016 by sy ouma gebly nadat hy op borgtog in ’n ander saak vrygelaat is.

Mary Wilson se swart jas, wat sy beweer Cameron Wilson die aand van Lekita Moore se moord gedra het.Foto: Jana Breytenbach

Wilson staan tereg op vyf aanklagte van moord en verskeie ander aanklagte wat hy ontken.

Een van die moordaanklagte is oor die moord op Lekita Moore.

Moore se naakte lyk is op 12 September 2016 in ’n oop stuk veld in Valhalla Park gevind. Sy is verkrag en haar geslagsdele vermink. Luidens die klagstaat het sy 98 steekwonde aan haar lyf gehad.

Mary het getuig dat Wilson op 10 September 2016 ’n braai by haar huis in Valhalla Park gehad het. Van sy vriende, onder andere die ma van sy dogter, Shana Visagie, was ook by die braai teenwoordig. Dit was Wilson se broer se verjaarsdag.

Volgens Mary het die braai omstreeks 21:00 begin en teen 23:00 het Wilson die huis verlaat met haar swart jas aan.

Sy het die jas in die hof uitgewys aan regter Fortuin.

Die laaste twee getuies, Roslyn Lackay en Lekita se suster, Mercia Moore, het vroeër getuig hulle het albei vir Wilson dieselfde aand in die jas gesien. Hulle het die jas uitgeken omdat dit ’n opvallende kappie het.

Lekita en haar suster het die aand saam met ander vriende na ’n kareoke-kroeg gegaan. Dit is hier waar Mercia haar suster die laaste keer gesien het.

Wilson het Lekita by die klub kom haal en huis toe geneem. Volgens Mercia was haar suster en Wilson in ’n verhouding.

Luidens Wilson se pleitverduideliking was hy die aand by die huis ná die braai. Adv. Mohamed Sibda, vir Wilson, het dit aan Mary gestel dat Wilson nie die huis verlaat het en ook nie haar jas gedra het nie.

Mary het volgehou dat haar kleinseun die huis verlaat het en sy hom eers die volgende oggend gesien het toe sy omstreeks 07:00 wakker geword het.

Sibda het vir haar gevra of hy nog by die huis was toe sy gaan slaap het.

“Toe ek so 01:00 gaan slaap het, was hy nie by die huis nie,” het sy gesê.

Mary het gesê Wilson het nie ’n sleutel vir die huis nie, maar dat sy nie kon bevestig hoe laat hy wel by die huis teruggekom het nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.