28 Junie 19:37
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Vrydag

14°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

15°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Maandag

16°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Dinsdag

15°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Hof
Pastoor Elsabé se moordenaar kry 25 jaar in tronk
Stefan Visser. Foto: Deaan Vivier

Past. Elsabé van Niekerk (59) was ’n weerlose vrou wie se lewe met 40 steekwonde geneem is. Sy is nie net met ’n mes gesteek nie, maar haar lyf is as’t ware “oopgeruk”.

Só het regter Nicolene Janse van Nieuwenhuizen pas in die hooggeregshof in Pretoria gesê toe sy die moordenaar, Stefan Visser (29), gevonnis het tot 25 jaar direkte tronkstraf.

Visser het Van Niekerk, sy skoonma, op Maandag 11 April 2016 vermoor by haar en haar man se paneelklopsaak in Gezina, Pretoria. Visser en sy vrou, Leandri, was toe vervreem.

Die regter het gesê hoewel die staat gevra het vir 30 jaar tronkstraf, moet die vonnis ’n mate van genade toon.

“Ek is van oordeel dat die vonnis proporsioneel tot u morele blaamwaardigheid gaan wees,” het sy aan Visser gesê.

Die regter het gesê Visser het Van Niekerk met die mes gesteek en toe het hy gesien hoe die buurman foto’s neem met sy selfoon. Toe trek hy ’n klapmus oor sy kop en gaan “onverpoosd” voort om haar verder te steek. Daarna het hy sy bebloede klere gaan verbrand. Visser het dié weergawe in sy waarskuwingsverklaring, kort ná die voorval, aan die polisie gegee.

Ek is van oordeel dat die vonnis proporsioneel tot u morele blaamwaardigheid gaan wees.

In die hof het hy egter in sy pleitverduideliking gesê hy het na die onderneming gegaan om Van Niekerk om verskoning te vra vir sy optrede by ’n rugbywedstryd twee dae tevore. By dié wedstryd was daar woorde tussen hom en haar man, Dirk van Niekerk. Hy het in sy pleitverduideliking gesê hy en Van Niekerk het toe by die perseel gepraat en begin stry oor die egskeiding tussen hom en haar dogter, Leandri. Daarna het Van Niekerk hom met haar handsak geslaan en met haar vuis teen sy bors. Hy het haar toe “uit woede” begin steek.

Janse van Nieuwenhuizen het gesê dit wil voorkom asof Visser sy ongelukkigheid op die skokkendste wyse denkbaar op Van Niekerk uitgehaal het. Hy het haar met “absolute brutale geweld” van haar lewe ontneem.

Die lykskouingsverslag toon nie die totale omvang van die beserings nie. Dit toon 12 steekwonde in die kop- en skouers. Haar neus was geamputeer. Haar bors het nege steekwonde gehad. Haar regterarm het vier steekwonde en haar linkerarm 15 steekwonde gehad.

Sy is 40 keer gesteek, het die regter gesê. Haar lyf is as’t ware “oopgeruk”, nie net gesteek nie.

Die regter het gesê Visser het as 16-jarige by die Van Niekerks gaan woon. Hulle het hom as kind in hul gesin ingeneem. Hy en Leandri is in 2008 getroud en twee kinders is uit hul huwelik gebore. Hul huwelik het verbrokkel en in September 2015 het hy uit die Van Niekerks se huis getrek.

Sy het gesê die wetgewer skryf ’n minimum vonnis van 15 jaar tronkstraf voor.

“Ek neem in ag dat u relatief jonk is, u is ’n eerste oortreder en u het skuld beken. U het van die begin af verantwoordelikheid vir die daad aanvaar.”

Sy neem ook in ag dat hy twee jong kinders het (van ses en vier jaar oud).

Dit is egter strafverswarend dat Dirk van Niekerk die voorreg ontneem is om saam met sy lewensmaat oud te word.

Leandri was duidelik geweldig emosioneel toe sy ter strafverswaring in die hof getuig het.

Dit blyk Van Niekerk het ’n vol lewe gelei. “U het haar lewe sonder enige klaarblyklike rede beëindig.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.