23 Junie 22:44
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 10°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 39km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 10°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Hof
Pastoor se inhegtenisneming ‘kwaadwillig’
Lede van Jesus Dominion International-kerk in Port Elizabeth betoog Vrydagoggend buite die landdroshof waar ’n pastoor van Durban op aanklagte van mensehandel en seksuele geweld verskyn het. Foto: Werner Hills
Die gemeentelede het hul steun vir die pastoor luidrugtig getoon kort nadat sy formele borgtogaansoek tot 3 Mei uitgestel is. Foto: Werner Hills
Met Bybels en plakkate het die pastoor se ondersteuners saamgedrom terwyl lede van die ANC en EFF beswaar aangeteken het teen sy borgtogaansoek. Foto: Werner Hills

’n Omstrede Nigeriese pastoor van Durban wat Donderdag op aanklagte van mensehandel in hegtenis geneem is, sal byna twee weke moet wag vir sy formele borgtogaansoek.

Die pastoor en TV-evangelis (58) wat Donderdagmiddag met sy aankoms by die Port Elizabeth-lughawe deur lede van die Valke in hegtenis geneem is, het Vrydag vlugtig in die landdroshof hier verskyn.

’n Sterk polisieteenwoordigheid is met sy hofverskyning gehandhaaf.

Die verdagte het verskyn op vier aanklagte, wat mensehandel en seksuele geweld insluit. Hy het na bewering vroulike lidmate van sy kerk, wat hy oor die land heen bestuur, seksueel misbruik.

Hy is deur Alwyn Griebenow in die hof verteenwoordig.

Griebenow het aan die hof gesê dat sy kliënt se inhegtenisneming “stink van kwaadwilligheid” van die polisie se kant.

“Die aanklagte spruit uit 2014 en 2015, maar sake is eers in April vanjaar geopen,” sê Griebenow.

“Boonop is hy in hegtenis geneem met sy aankoms, nadat daar met beamptes gereël is dat hy hierheen sou reis om met regsverteenwoordigers te vergader.”

Griebenow het ook daarop gewys dat hy glo Donderdagaand ’n dringende hofbevel moes bekom voordat hy teen 21:30 toegang tot sy kliënt kon verkry. Hy het die staat aangevat nadat adv. Zelda Swanepoel, die staatsaanklaer, aangedui het dat hulle nog nie gereed is om met die borgtogaansoek voort te gaan nie.

“Dit blyk dat die inhegtenisneming oorhaastig gedoen is, want die staat kan nie sy persoonlike omstandighede en paspoort verifieer nie, hoewel die saak reeds sedert verlede jaar in die media aandag geniet. As hulle die klagstaat kon inhandig, moet hulle ook gereed wees.”

Swanepoel het reageer deur te sê dat daar ’n “reuseverskil” tussen mediaberigte en bewysstukke is.

“Die ondersoekspan moet hul ondersoek ook na ander provinsies uitbrei en sal nie volgende week beskikbaar wees nie,” sê Swanepoel.

“Daar is ook die moontlikheid dat ander aanklagte by die lys gevoeg kan word wanneer hulle van hul ondersoek terugkeer.”

Om dié ondersoek moontlik te maak, is die borgtogaansoek tot 3 Mei uitgestel.

* Buite die hof het die pastoor se ondersteuners ná sy verskyning luidrugtig betoog. Daarenteen het lede van die EFF en die ANC-vroueliga voor sy verskyning teen sy borgtog betoog.

“Ons doen ’n oproep op geestelike leiers om op te tree, want dié man is nie een van hulle nie,” sê Buyelwa Mafaya, streekleier van die ANC-vroueliga in Nelson Mandelabaai.

“Al dié leiers wat hierdie dinge doen, kom van buite Suid-Afrika. Hier is ons nederig en vrygewig en dalk is dit wat hulle aanpor om afgryslike dinge te doen, maar hy misbruik ons vrygewigheid en ons sal dit nie aanvaar nie.

“As ’n vrou en ouer luister ek na wat die jong meisies vertel oor sy dade, en daar is groot fout met enigiemand wat ná dit nog aan sy kant is.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.