27 Maart 00:47
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 15°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

23°C / 15°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

19°C / 15°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Hof
SAPD-vrou vir werk na man se moordtoneel

’n Polisiewoordvoerder het Maandag beskryf hoe sy na ’n toneel ontbied is om daar uit te vind dat dit haar man, ook ’n polisieman, is wat vermoor is.

“Ek het nie in ’n miljoen jaar gedink ek sal eendag op die misdaadtoneel van my man wees nie,” het sers. Ann Poortman aan News24 gesê.

Sy het in die openbare galery van die hooggeregshof in Pretoria gesit op die eerste dag van die moordverhoor.

Sy het gehuil toe sy onthou het hoe sy op die dag van die moord op hom op bystand was as ’n woordvoerder vir die Pretoria Sentraal-polisiekantoor. Sy is na die toneel ontbied en het meer inligting gevra.

“Ek was bekommerd omdat hy nie huis toe gekom het nie en ek het na hom gesoek. Toe ek die SMS sien, het iets my baie ongemaklik laat voel,” sê sy.

Kapt. Kennedy Poortman (47) se lyk is op 27 Desember 2015 langs die Mabopane-snelweg gevind.

Sy het haar soontoe gehaas, maar die lyk was reeds na die lykhuis geneem.

“Hulle het my man aan my beskryf. Ek was al op baie misdaadtonele waar mense in ongelukke dood is en elke keer was dit vir my moeilik omdat ek gedink het aan die familie van die oorledene, want hierdie mense is ma’s en pa’s,” sê sy.

Ek het nie in ’n miljoen jaar gedink ek sal eendag op die misdaadtoneel van my man wees nie.
sers. Ann Poortman

Sy het inmekaargestort toe sy die vermeende moordenaars – Alfred Tlou, Thabo James Mampa, Themba Mbowane en Steven Meda – in die hof sien. Hulle word aangekla van ontvoering, roof met verswarende omstandighede en moord.

Die saak is tot Woensdag uitgestel nadat een van hul regsverteenwoordigers onttrek het.

Ann sê dit is baie moeilik vir hul 15-jarige dogter.

“Sy wou hierheen kom om hulle te sien. Sy wou weet hoekom hulle pappa vermoor het,” sê sy.

Sy sê die familie ervaar steeds pyn oor sy dood.

“Dis moeilik. Iemand is so skielik weggeneem en nie net skielik nie, maar op so ’n wrede manier. Dis nie maklik om dit te aanvaar en aan te beweeg nie. Ek vind dit steeds moeilik, veral met my twee kinders,” sê sy.

Sy het nie beplan om die hofverrigtinge by te woon nie.

“Ek wil nie hier sit en die besonderhede hoor van wat daardie nag gebeur het nie,” sê sy.

Volgens die staat het die vier mans Kennedy naby Kerkstraat in Pretoria genader. Nadat hulle ’n paar drankies in sy motor geniet het, het hulle hom glo oorrompel. Hulle het met hom rondgery en hom na bewering verskeie kere gesteek.

Hy was nie aan diens nie en in sy private motor. Sy motor en vuurwapen is herwin. Volgens die nadoodse ondersoek het hy gesterf aan verskeie steekwonde in die bors.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.