23 April 21:35
Kaapstad Verander Area

Maandag

24°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Dinsdag

24°C / 14°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

21°C / 17°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Saterdag

25°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Hof
Reeksverkragter lewenslange tronkstraf opgelê
Foto ter illustrasie.

’n Reeksverkragter wat studente aan die Universiteit van Limpopo se Turfloop-kampus in Mankweng geteister het, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Sylvester Nomafela (33) is boonop tot ’n verdere 65 jaar gevangenisstraf gevonnis in die streekhof in Mankweng.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê Nomafela het in 2012 ’n skrikbewind onder studente op die Turfloop-kampus gevoer.

Hy het toegeslaan op vroue studente en in hul koshuiskamers ingebreek, hulle verkrag en van hul besittings beroof.

Sy eerste slagoffer was ’n 20-jarige vrou wat hy op 18 Januarie 2012 in haar koshuiskamer verkrag en beroof het.

Net meer as ’n maand later, op 22 Februarie 2012, het hy weer toegeslaan. Nomafela het dié aand omstreeks 22:30 by ’n 19-jarige student se koshuiskamer ingebreek en haar verkrag.

Mojapelo sê hy het ’n uur later, om 23:30, by nóg ’n kamer in dieselfde koshuis ingebreek en ’n 20-jarige student verkrag.

Sy skrikbewind het voortgeduur toe hy minder as ’n uur later, kort na middernag, ’n 18-jarige meisie in dieselfde koshuis verkrag het nadat hy ook by haar kamer ingebreek het.

Mojapelo sê die polisie se gesinsgeweld, -kinderbeskerming en -seksuele oortredingseenheid (GKS) het maande lank na Nomafela gesoek. Hy is laat in 2012 in hegtenis geneem.

Dit is danksy hul knap en deeglike werk dat hy uiteindelik in hegtenis geneem mis

“Dit is danksy hul knap en deeglike werk dat hy uiteindelik in hegtenis geneem mis.”

Hy is skuldig bevind aan vier aanklagte van verkragting en ’n aanklag van roof.

Nomafela is Woensdag in die streekhof in Mankweng vir drie van die vier verkragtingsaanklagte elk tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis. Vir die vierde aanklag van verkragting is hy lewenslange gevangenisstraf opgelê.

Hy is tot ’n bykomende vyf jaar gevangenisstraf gevonnis op die aanklag van roof.

Mojapelo sê vroeër vanjaar het speurders van Mankweng en die polisie se misdaadintelligensie-eenheid nóg twee verdagtes wat glo vrouestudente buite die kampus geteiken het, in hegtenis geneem.

Dié twee mans sal op 28 April in die landdroshof in Mankweng verskyn.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, polisiehoof in Limpopo, het die polisie se speurwerk geprys en die gemeenskap bedank omdat hulle saam met die polisie gewerk het om Nomafela agter tralies te kry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.