22 Augustus 20:38
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Sondag

19°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

21°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Hof
Seksoortreders mág ná 20 jaar steeds aangekla word

Seksoortreders mag wel aangekla word oor beweerde dade wat meer as 20 jaar tevore gepleeg is, het die hooggeregshof in Johannesburg Maandag beslis.

Indien die konstitusionele hof dié beslissing bekragtig, sal art. 18 van die Strafproseswet ongrondwetlik verklaar word. Dié artikel bepaal dat seksuele oortredings ná 20 jaar verval.

Die hof se uitspraak volg op ’n aansoek van agt mense wat sê die Johannesburgse miljardêr Sidney Frankel het hulle meer as 20 jaar gelede, tussen 1976 en 1991, seksueel aangerand.

Hy is in April vanjaar aan kanker dood.

Ian Levitt, die agt applikante se regsverteenwoordiger, het Maandag gesê die konstitusionele hof moet die uitspraak nog bevestig voordat die artikel ongrondwetlik verklaar word.

Ons gaan die uitspraak vandeesweek aan die konstitusionele hof stuur om te bekragtig en ons hoop dié hof bekragtig die uitspraak teen die einde van die jaar
Ian Levitt, regsverteenwoordiger

“Ons gaan die uitspraak vandeesweek aan die konstitusionele hof stuur om te bekragtig en ons hoop dié hof bekragtig die uitspraak teen die einde van die jaar.” Die parlement het dan 18 maande om die artikel te wysig.

Levitt sê hy en die applikante is “ongelooflik bly” oor die hof se uitspraak.

Dit het ’n verreikende impak op toekomstige sake van dié aard.

Die applikante is:

* George Rosenberg (47), wat nou in Amerika woon, en sy suster Katherine Rosenberg (43). Hulle is Frankel se susterskinders;

* Paul Diamond (47) was ’n vriend van George en hy en sy suster, Nicole Levenstein (49), wat nou in Israel woon, het gereeld oor en weer by die Rosenbergs gekuier. Die beweerde seksuele misbruik, wat eksplisiet in die dagvaarding beskryf word, het op verskeie plekke plaasgevind, onder meer Frankel se ouers se perdeplaas, Ballifarm, in Kyalami, die Rosenbergs se huis in Abbotsford, Johannesburg, en die Frankels se wildplaas by Buffelshoek, Mpumalanga;

Foto ter illustrasie. Foto: Emile Hendricks

* Daniela McNally (53), wat nou in Amerika woon, was ’n vriend van Lisa Wegner (53), wat langs die Frankels se perdeplaas gewoon het. Hulle sê Frankel het hul liefde vir perde misbruik om hulle as kinders na die plaas te lok.

Hulle het die ander applikante nie as kinders geken nie;

* Shane Rothquel (38) van Johannesburg het in die Joodse kinderhuis Arcadia in Oxfordweg, Parktown, Johannesburg, grootgeword. Hy sê Frankel het die kinderhuis gereeld besoek en het baie “gunstelinge” gehad wat hy gereeld na sy huis of op uitstappies geneem het. Rothquel het die ander applikante ook nie as kind geken nie; en

* Marinda Smith (53), se ma, Rona Fourie, het 30 lank jaar vir Frankel gewerk. Smith beweer sy is aangerand wanneer sy Frankel se kantoor besoek het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.