28 Julie 00:31
Kaapstad Verander Area

Vrydag

20°C / 12°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 64%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

22°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Dinsdag

16°C / 15°C

Wind 39km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 80%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 5mm

Humiditeit 66%

Hof
Taximan nie meer uit op parool ná 10 kinders sterf
Jacob HumphreysFoto: Danielle Karallis

Jacob Humphreys, die taxibestuurder wat in 2010 ’n versperring by ’n spooroorgang in Blackheath, Kaapstad, verontagsaam en die dood van tien leerlinge veroorsaak het, gaan nie Vrydag op parool vrygelaat word nie.

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) in die Wes-Kaap het in ’n verklaring gesê Humphreys se aansoek om op parool vrygelaat te word is opgeskort hangende ’n proses om dit te hersien.

Hy sou Vrydag op parool vrygelaat word.

Carla Williams, waarnemende woordvoerder van die DKD in die Wes-Kaap, het in ’n verklaring gesê die Korrektiewe Toesig- en Paroolraad gaan die hersieningsproses behartig.

Dit volg nadat twee ouers van die slagoffers ’n aansoek gebring het om die besluit van die Allandale Korrektiewe Toesig- en Paroolraad om Humphreys Vrydag op parool vry te laat, te laat hersien.

“Die saak is nou voor die raad en hulle moet binne vier maande ’n besluit neem,” sê Williams.

Sy sê Humphreys is ingelig oor die besluit en kan ’n skriftelike voorlegging voor 30 Desember doen.

Daar was 13 leerlinge in die taxi toe Humphreys verby die versperring gejaag en teen ’n trein gebots het.

Die tien leerlinge wat in die ongeluk op 25 Augustus 2010 dood is, is Reece Smith (7), Jade Adams (10), Lisle “Little Rock” Augis (11), Michaelin de Koker (11), Jeanne Pierre Willeman (13), Jody Phillips (13), Nolan Februarie (13), Jason Pedro (14), Cody Erasmus (15) en Nadine Marthinisen (16).

Daar was 13 leerlinge in die taxi toe Humphreys verby die versperring gejaag en teen ’n trein gebots het.

Humphreys het vantevore ook aansoek om parool gedoen, maar dit is afgekeur.

Hy is oorspronklik tot 20 jaar tronkstraf gevonnis deur die hooggeregshof in Kaapstad.

Die appèlhof in Bloemfontein het die vonnis in 2013 tot agt jaar verminder.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.