18 Augustus 22:15
Kaapstad Verander Area

Saterdag

20°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 31km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

14°C / 11°C

Wind 37km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 64%

Woensdag

13°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 79%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Hof
Verdagtes in rooftog by lughawe in hof

Die saak teen vyf mans wat die naweek in verband met die gewaagde rooftog van miljoene by die O.R. Tambo-lughawe in hegtenis geneem is, is Maandag vir verdere ondersoek in die landdroshof in Kempton Park tot 28 en 29 Maart uitgestel.

Die mans word op aanklagtes van onder meer roof met verswarende omstandighede en die nabootsing van ’n polisiebeampte vervolg. Hulle bly in aanhouding.

Brig. Sally de Beer, nasionale polisiewoordvoerder, sê die beskuldigdes is Thokwane Simon (37), Mathabatha Frans Manaka (30), Sibusiso Job Mnisi (39), Prince Rafael Dube (43) en Mosiwa Steven Motani (35).

Twee van die beskuldigdes werk glo as veiligheidswagte by twee verskillende maatskappye.

’n Zimbabwiër wat in Norkem Park woon en glo die vals polisiekentekens op die voertuie aangebring het wat in die rooftog gebruik is, het ook in die hof verskyn.

Nog ’n wag wat na bewering by die lughawe se grensheining gewerk het, is ook in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Een van die vyf verdagtes was glo ook in die polisie, maar De Beer kon dit nie dadelik bevestig nie.

Dit blyk volgens ’n bron dat die meesterbreine agter dié rooftog van miljoene rande moontlik van Zimbabwiese afkoms is.

Die Valke het ten tyde van die mans se inhegtenisnemings ook op onder meer telefone beslag gelê.

Dit blyk volgens ’n bron dat die meesterbreine agter dié rooftog van miljoene rande moontlik van Zimbabwiese afkoms is.

Lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende polisiehoof vir Gauteng, en die Gautengse polisie se topbestuur sou na verwagting later Maandag amptelike kommentaar oor die voorval gee.

Volgens ’n vroeëre uiteensetting van die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) het ’n bakkie wat soos ’n polisievoertuig gemerk was, asook ’n wit voertuig met loeiende sirenes en flitsende blou ligte op 7 Maart om 19:23 by ’n beperktetoegangsone by die lughawe se Noordhek 1 ingery.

Volgens Acsa en die Valke was daar verskeie gewapende mans in die twee voertuie, van wie sommige in polisie-uniforms was.

Die mans het hul vuurwapens op die veiligheidspersoneellede gerig toe dié vir hul identiteitsbewyse gevra het en die beamptes gedwing om op die grond te gaan lê.

Die bende het volgens Acsa na die aanloopbaan gegaan en die geld uit ’n verseëlde houer verwyder.

Die Valke sê die rowers het die houer beskadig en 27 pakke geld geneem ter waarde van ongeveer R20 miljoen.

Die houer is glo onderskep toe Guardforce International Transportation dit na die SAL-vliegtuig wou neem om dit verder na Brittanje te vervoer.

Die geld was ’n besending wat aan al die wetlike vereistes voldoen het.

Geen skote is geskiet nie en niemand is beseer nie.

Die rowers het 19:45 by dieselfde hek uitgery waar hulle ingekom het en die voertuie is later verlate naby Pretoria gevind.

Die aanvallers moes vermoedelik presies geweet het wanneer die besending geld uit die kluis gebring sou word en op watter vlug daardie geld gelaai sou word.

’n Polisie taakspan bestaande uit lede van die Valke, die misdaadintelligensie-eenheid en die speurtak is dadelik na die rooftog op die been gebring om die skuldiges op te spoor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.