18 Augustus 22:16
Kaapstad Verander Area

Saterdag

20°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 31km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

14°C / 11°C

Wind 37km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 64%

Woensdag

13°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 79%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Hof
Vrou in hof ná sy glo moord op eie man reël
Maria Ferreira gil toe sy die media buite die landdroshof in Witrivier gewaar.Foto: Alet Joubert

'n Vrou wat na bewering iemand gehuur het om haar derde man om die lewe te bring, het Maandag vlugtig in die landdroshof in Witrivier verskyn.  

Maria (Marietjie) Ferreira (53) is Sondag deur kol. Danie Hall van die Valke by 'n vulstasie in Witrivier in hegtenis geneem op aanklag van sameswering om moord te pleeg.
"Dit volg nadat ons inligting opgevolg het dat sy R20 000 beloof het aan 'n lid van die Valke wat hom as 'n huurmoordenaar voorgedoen het, om haar man, Carlos Ferreira (55) te vermoor," sê Hall.

Haar man was baie verbaas toe ons hom ná haar in hegtenisneming van haar beweerde planne inlig.
Kol. Danie Hall van die Valke

Volgens Hall het die egpaar die naweek by vriende in Witrivier gekuier en wou Ferreira glo hê dat die moord gepleeg word op pad terug na Mosambiek waar hulle die Primo Cabanas Lodge bedryf.

"Haar man was baie verbaas toe ons hom ná haar in hegtenisneming van haar beweerde planne inlig," sê Hall.

Albei Ferreira se vorige twee mans is dood.

"Volgens Ferreira is haar eerste man aan kanker dood," sê Hall.

Haar tweede man, Alan Hepburn was 42 toe hy op Sondag 5 Februarie 2012 op 'n kleinhoewe in Bronkhorstspruit doodgesteek is terwyl hy 'n motorwiel omgeruil het.

Met haar hofverskyning Maandag het Ferreira jeans en 'n blou langmou-T-hemp met die logo "Simply Scuba" daarop aangehad. Haar pienk kouse het by haar wit tekkies, waarvan die veters verwyder is, uitgesteek. Ferreira se lang, golwende hare wat tot by haar middel strek, het los gehang. 

Sy het hewig kapsie gemaak teen die teenwoordigheid van die media wat haar buite die hof afgeneem het. Twee polisievroue het haar van en na die aanhoudingselle "gesleepdra" hof toe.

In die hof het Ferreira onsamehangend voorgekom. Die landdros het haar herhaaldelik gevra of sy mediese sorg nodig het. 

"Nee, net 'n prokureur," het Ferreira gesê. 

Die saak teen haar is tot 27 Maart uitgestel. Sy bly in aanhouding.

Buite die hof het 'n groep ondersteuners van Solomon Mdluli, 'n vermoorde skoolhoof van Witrivier, gewag op Simanyele Mdluli, sy weduwee, wat saam met Cotani Mngewnya en Peter Khoza in dieselfde hof as Fereirra verskyn het.

Die groep het hard begin gil toe Fereirra, wat intussen in 'n polisievangwa gelaai is, by die hofterrein uitgeneem is.

"Geen borgtog! Geen borgtog!" het die groep geskree totdat hulle agtergekom het dit is Ferreira in die vangwa en nie Mdluli se weduwee nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.