23 Augustus 13:59
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Nuus
Oceana-vismeelaanleg kan sluit
Houtbaai dalk gou vry van visreuk
98 werkers uit diens gestel
Kiara Worth, koördineerder van die vereniging Fresh Air for Hout Bay. Foto: Denvor de Wee

KAAPSTAD. – Inwoners van Houtbaai wat al jare kla oor die onaangename reuk wat die Oceana-vismeelaanleg hier veroorsaak, het waarskynlik uiteindelik daarvan ontslae geraak – ten koste van die 98 fabriekswerkers.

Werkers van die Oceana-groep se vismeelaanleg in Houtbaai het Vrydag hartseer en geskok gereageer oor die nuus dat dié fabriek moontlik binnekort sal sluit.

Dít volg ná toenemende druk die laaste jare deur inwoners van die dorp om van die slegte reuk van die aanleg ontslae te raak.

Oceana het Vrydag aangekondig dat hy met ’n 189-afleggingsproses van die altesaam 98 fabriekswerkers by dié aanleg begin het.

Volgens ’n verklaring sal alternatiewe werksgeleenthede vir die werkers by onder meer sy aanleg in St. Helenabaai aangebied word.

’n Uitdiensstellingspakket en opleiding vir alternatiewe soorte werk sal gebied word aan diegene wat nie sodanige aanbod wil aanvaar nie.

Werkers het Vrydag ná die vergadering waarop hulle van die proses in kennis gestel is, die fabriek met die vuiste omhoog verlaat terwyl hulle “Amandla!” geskree het.

Een man, wat nie wou hê dat sy naam genoem word nie, het gesê werkers is versoek om nie met die media te praat nie. Hulle is almal werk in ander dele van die maatskappy beloof, het hy bygevoeg.

Volgens Oceana het die maatskappy oor die afgelope 15 jaar meer as R50 miljoen aan die beste beskikbare tegnologie bestee om die slegte reuk te beperk, maar dit is eenvoudig onmoontlik om vismeel te vervaardig sonder om dié reuk vry te stel.

Die fabriek het onder meer sy werksaamhede tot 40% van sy maksimum jaarlikse produksie afgeskaal in ’n poging om die reuk te verminder, wat die winsgewendheid van die onderneming drasties beïnvloed het.

“Ons het die vergadering op uitnodiging van Oceana bygewoon,” het Zolani Mbanjwa, die vakbond Fawu se nasionale organiseerder vir die visbedryf, gesê.

“Ons ondersteun beslis nie die maatskappy se besluit om die fabriek te sluit nie en glo daar is ander oplossings beskikbaar. Ons vergader volgende week met die gemeenskap wat oor die reuk gekla het, om te hoor of daar nie ’n middeweg gevind kan word nie.”

Intussen is die sluiting verwelkom deur Kiara Worth, koördineerder van die vereniging Fresh Air for Hout Bay, ’n subkomitee van die Houtbaaise Inwoners- en Belastingbetalersvereniging.

“Dit was nooit ons doelwit dat die fabriek noodwendig moet sluit nie, maar dit is wonderlik om te weet dat ons binnekort vars lug in die dorp sal hê,” het sy gesê. “Ons bly besorg oor hoe die gemeenskap hierdeur geraak sal word.

“Dit skep egter nuwe geleenthede vir die dorp om meer toeriste te lok en ons sal graag betrokke wil raak by maniere om die hawe-gebied te rehabiliteer en terselfdertyd die visserserfenis te behou.”

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.