18 Augustus 14:39
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 8°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

19°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

12°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 19mm

Humiditeit 69%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 76%

Nuus
Jou kollekte vergeet? SnapScan op jou slimfoon betaal gou

Verby is die dae toe kerkgangers verleë die kollektebordjie verby laat gaan het as hulle nie kontant by hulle in die kerk gehad het nie. Die slimfoon-app SnapScan raak al hoe gewilder om hierdie leemte in kerke te vul.

Volgens Vuyo Mpako, Standard Bank se hoof van innovasie, gebruik 100 kerke landwyd reeds SnapScan vir kollektes. En die belangstelling groei.

“Nie net is dit vir hulle gerieflik nie, maar ook veiliger,” het Mpako aan Rapport gesê.

Talle Afrikaanse en Engelse kerke adverteer hierdie opsie op hul webtuiste. YouTube het selfs video’s wat verduidelik hoe SnapScan werk.

Die NG kerk Parkkruin in Johannesburg het ’n hele afdeling op hul webtuiste wat gemeentelede help om dié app te verstaan.

Volgens Renée van Niekerk, boekhouer by die NG familiekerk Hottentots-Holland in Somerset-Wes, is dit ’n alternatiewe vorm van kollekte.

“Diakens gaan ook nie meer van deur tot deur om geld te gaan kollekteer nie. Daarvoor is ’n debietorder-opsie beskikbaar,” sê Van Niekerk.

“SnapScan is nog baie nuut by ons. Ons het besluit om hierdie opsie beskikbaar te stel, omdat ons gehoor het van baie ander kerke wat dit begin doen. Dis maklik en gerieflik.”

Past. Doug Fell, van die Parkhurst Community Church in ­Johannesburg, sê sy gemeente werk glad nie meer met kontant nie. “Dis veiliger. Gemeentelede gebruik SnapScan vir kollekte en ander bydraes vir die kerk,” sê Fell.

Hy sê vandat die kerk dié opsie ingestel het, het gemeentelede meer gereeld bygedra.

“Dis makliker en mense hoef nie te onthou om kleingeld saam te bring nie.”

Ds. Pieter Grove, moderator van die VGK Kaapland, sê fisieke kollekte is steeds vir hulle baie belangrik omdat dit ’n simboliese gebaar is.

“Dit sal nie gou verdwyn nie.”

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.